DA verwelkom besluit om De Kock se aansoek af te keur

Eugene De Kock sal ‘n aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien om die minister van justisie en korrektiewe dienste, se weiering van sy vrylating op parool tersyde te laat stel.

James Selfe, DA-woordvoerder oor korrektiewe dienste, het egter die minister se weiering om parool toe te staan verwelkom en gesê die korrekte prosedure is die slagoffers se familielede geraadpleeg word.

Dié proses móét vir De Kock gevolg word, het die DA gesê.

Volgens De Kock se regsverteenwoordiger is hy “nie gelukkig” omdat sy parool afgekeur is nie.

Die hersieningsaansoek behoort volgende week gereed te wees.

Masutha het Donderdag op ’n mediakonferensie gesê die slagoffers se families is nie geraadpleeg in De Kock se paroolaansoek nie.

Dit is in die slagoffers se belang dat die families kans kry om deel te neem aan die parool-oorwegingsproses, soos wetlik vereis word, het Masutha gesê.

Daarom het hy nie parool vir De Kock in dié stadium goedgekeur nie.

De Kock se regsverteenwoordiger het gesê die slagoffer-deelnameproses in parooloorweging het in 2003 van krag geword, en is nie van toepassing van vonnisse vóór 2003 nie.

Dit is byna seker dat die families beswaar teen De Kock se vrylating sal aanteken.

Die nasionale raad vir korrektiewe dienste het De Kock se parool op 19 November 2013 aanbeveel by S’bu Ndebele, vorige minister van korrektiewe dienste.

Dié raad staan onder voorsitterskap van regter Siraj Desai.

In die volgende vyf jaar gaan sowat 5 000 mense wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is in aanmerking kom vir parool en dit is hoogs onwaarskynlik dat enige familielede van hulle slagoffers genader sal word deur die minister.

Die aansoeke van De Kock en Clive Derby-Lewis het duidelik in ‘n politieke speelbal ontaard.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.