De Kock parool geweier

Deel op

Die oud-Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock, sal nie op parool vrygelaat word nie.

De Kock is in 2013 deur die paroolraad aanbeveel vir vrylating.

De Kock se vrylating sal vermoedelik te veel van ‘n vernedering vir De Klerk en sy trawante wees en hul openbare posisies ondermyn.

Die minister van korrektiewe dienste, adv. Michael Masutha, het die aankondiging Donderdagoggend gedoen.

Die families van De Kock se “slagoffers” is glo nog nie “geraadpleeg” nie.

De Kock is sedert 1996 in die tronk waar hy twee lewenslange vonnisse en nog 212 jaar tronkstraf uitdien nadat hy bevele van De Klerk en die NP-regering uitgevoer het.

Sy vorige base het intussen die ANC omhels wat De Kock in ‘n netelige posisie stel en hom heeltemal uitgelewer het aan die genade van halssnoermoordenaars en terroriste.

Luidens ’n inskrywing op die departement van justisie se webwerf het De Kock aan die WVK gesê NP-sekurokrate het gedurende apartheid voetsoldate gebruik om hul vuilwerk te doen.

Hy het oudpres. FW de Klerk en genl. Johan Coetzee, voormalige polisiehoof, uitgesonder en gesê hulle het die polisie en die meeste wit mense in die land uitverkoop.

In 1979 is Coetzee opdrag gegee om Seksie C1 op die polisieplaas Vlakplaas, aan die westelike buitewyke van Pretoria, te begin.

Coetzee se swart askari’s het ANC-terroriste wat nie geweld wou afsweer nie en halssnoermoorde gepleeg het, aan die pen laat ry.

In geen ander beskaafde Westerse land is iemand van sy status in dieselfde posisie geplaas nie.

In Frankryk het generaal Paul Aussaresses wat honderde moorde in die Algeryne oorlog gepleeg het, en dit openlik erken het, slegs sy treinkonsessie van die staat verloor om gratis te reis.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.