Japan wil beursiefone bevorder

Image

Beursiefoon, met Edy-ontvanger waardeur die transaksie verwerk word

Japan gaan begin om sy beursiefone aggressief oorsee te bemark.

Die regering beplan internasionale sendings en seminare wat Japan se tegnologie gaan bekendstel.

Ondanks vooruitgang het die land misluk om selfone, koordlose toerusting en mobiele dienste buite Japan gewild te maak.

Die beursiefoon berus op 'n klein rekenaarskyfie genaamd FeliCA wat in elke selfoon ingebou is ten einde kontantlose betalings te maak.

FeliCa is deur Sony ontwikkel.

Ander tegnologie wat Japan hoop om oorsee te bemark is meer futuristies, soos vierdegenerasie-koordlose toerusting.casino slot

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.