Moetiemoord laat gemoedere opvlam in Pongola

Deel op

Swart inwoners het die plaaslike landdroshof in die Ncotshane-lokasie by Pongola in die noorde van KwaZulu-Natal aan die brand gesteek.

‘n Kerkleier sou binnekort in die landdroshof verskyn wat Woensdagaand in ligte laaie gelaat is.

Die onrus het vroeër uitgebreek nadat ‘n vier-jarige seun vermoor en vermink is, waarskynlik vir moetie.

Dele van sy verminkte liggaam is in die kerk in ‘n sak gevind.

Ontstoke inwoners het daarna die kerk en die huis van die kerkleier wat hulle van die moetiemoord verdink, afgebrand.

Die een-en-vyftigjarige pastoor is intussen in verband met die moord in hegtenis geneem.

Die gemeenskap eis nou dat 15 mense vrygelaat word wat in hegtenis geneem is ivm die vroeëre brandstigting.

Polisie- en gemeenskapslede het slaags geraak nadat inwoners paaie met vullis versper het. Die polisie en weermag het tot laat in nag gespook om die oproer onder beheer te bring.

Hofrekords en meubels is in die brand vernietig. ‘n Motor wat buite die hof gestaan het, is ook aan die brand gesteek.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.