Beeld haal betaalmuur af om Afrikaners aan te val

Deel op

Beeld is klaarblyklik vasberade om die gewese alkoholis en vermaakpersoonlikheid, Elzabé Zietsman se tanende openbare beeld heeltemal te vernietig.

Die koerant het hulle elektroniese betaalmuur afgehaal om aan Zietsman ruimte te gun om ‘n volskaalse aanval teen Afrikaners te loods waarin sy ons as “dwase”, “dom dose” en “stupid idiote” uitskel.

Media24 het dié week ‘n openbare haatveldtog teen Steve Hofmeyr en Afrikaners van stapel gestuur nadat Hofmeyr Die Stem by die Innibos-fees in Nelspruit saam met ‘n waarderende gehoor gesing het.

Onder aanvoering van redakteur Adriaan Basson, is opiniestukke en berigte skielik sonder die betaalmuur beskikbaar waarin Afrikaners met rotte vergelyk word wat die ewige skuld vir swart mislukking moet dra omdat ons – heeltemal wettig – die volkslied saamsing.

Zietsman se onsamehangende geskel is Donderdag ruimte in Beeld gegun waar sy haar Facebook-aanvalle voortgesit het. “Ek is jammer oor één ding,” het sy Woensdagmiddag aan Beeld gesê.

“Ek is jammer ek het die mense wat ‘Die Stem’ so saam met Steve gesing het dose genoem. Ek is jammer daaroor, want ek bedoel eintlik hulle is dwase en dóm dose.”

“Maar ek wil nie eens met die stupid idiote wat sulke snert kwytraak, begin argumenteer nie. Ek gaan niks bereik nie.

Sy het Hofmeyr, sonder ironie, van “opswepery” en “kwaadstekery” beskuldig na haar jongste ongevraagde, kwaadwillig uitlokkende kommentare teen Afrikaners.

Beeld het ook die mening van ene Emma Sadleir, ’n prokureur wat glo in sosiale media spesialiseer, weergegee waarin lesers se ontstoke reaksie op Zietsman se haatveldtog as “misdadig” beskryf is en neerkom op “aanlynteistering”.

Volgens die “kenner” kan sulke “digitale vigilantes” krimineel aangekla word.

Die “kenner” het nie ‘n mening uitgespreek oor Media24 se doelbewuste massaveldtog van uitlokking teen hul pro-Afrikaanse lesers nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.