Boer se lammertjies teen muur doodgeslaan in massaslagting

Deel op

‘n Boer van Bloemfontein het 27 Merino-skape op ‘n gru-wyse in ‘n massaslagting verloor. Die ooie was byna almal dragtig.

Die oorblyfsels van die ooie se fetusse is net so agtergelaat.

Swart veediewe het vermoedelik die naweek die skape van Richard Mudge keelaf gesny en vermink.

Mudge sê van sy skape is al in die verlede gesteel, maar dié slagting was skokkend.

Lammetjies van ’n paar dae oud is teen ’n muur doodgeslaan. Die benoude lammertjies se geblêr moes die aanvallers gesteur het, vermoed Mudge.

“Die skape se karkasse is met vel en al verwyder en die binnegoed was al wat agtergebly het,” het hy aan Beeld gesê.

“Sowat 13 van die skape was swaar dragtig en sou later die week of teen vroeg volgende week lam.”

Mudge het op ’n geknipte heining tussen sy plaas en sy buurplaas afgekom nadat hy die 27 vermiste skape gaan soek het.

Hy het op die skape teen heining by die N1 op die buurplaas op die slagting afgekom.

“Die heining is opgelig en ’n mens kon die sleepmerke sien soos wat die skape onder die draad deur getrek is.”

Tussen die twee plase is 180 skape net die jaar reeds gesteel, nadat ‘n 100 van die bure se Damara-skape onder sulke wrede slagters deurgeloop het.

Veediewe maak die lammertjies sonder genade dood en verjaag die skape so erg dat hulle aan uitputting ly en beserings opdoen.

Die boere ly tienduisende rande se verliese hierdeur en dit lyk nie asof die misdadigers vasgevat word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.