R14m-Bugatti

Deel op

Image

Oopdak-Bugatti Veyron Grand Sport

14:18:45 Bugatti het verras deur hulle nuwe oopdakweergawe van die Veyron 16.4, die Grand Sport bekend te stel. Die motor se dak kan afhaal, nie wegvou soos ander afslaankapmotors nie, maar afhaal en bêre. Natuurlik is die res van die bakwerk versterk om voorsiening te maak vir die verlies aan struktuur van die dak. Die nuwe Bugatit sal van die begin van die somer van 2009 beskikbaar wees. Dit is nou op al die ander plekke behalwe in Suid Afrika. Teen ongeveer R14 miljoen sal ons nie gou een hulle op die plaaslike paaie sien nie.

Deel op

Image

Nuwe Golf van Volkswagen

Nuwe Volkswagen Golf

Foto's van Vw se nuwe Golf, die Golf vi het so pas die lig gesien. Die motor word in Oktober tydens die Parys se motorskou bekendgestel en sal waarskynlik vroeg in volgende jaar plaaslik beskikbaar wees. Vw sê daar sal drie- en vyfdeurweergawes van die nuwe Golf beskikbaar wees, en die blitbuksweergawe in Gti-formaat sal dan ook sy verskyning maak. Dié keer met ‘n glasdak. Nou dit is goed vir Europa, maar in sonnige Suid-Afrika kan dit net 'n warm patat afgee. Vw se nuwe 1,4 liter TFSI-enjin sal ook deel wees van die nuwe Golf se enjinlys. Die enjin wat plaaslik in die Tiguan beskikbaar is, lewer 110 Kw, ongelooflik vir so ‘n klein enjintjie. Die feit dat die verplasing slegs 1,4 liter is, gee die eenheid uitstekende brandstofverbruik. Daar sal ook ‘n splinternuwe 1,6 liter TFSI-enjin met 147 Kw wees. Vir die ouens wat sportiewe Golfs wil hê, sal daar ‘n warm weergawe van die Gti en die R32 wees. Krag in beide hierdie motors sal meer wees as wat tans die geval is. Die Gti (169 Kw) en die R32 (194 KW).

Image

S? lyk die Golf van agter…

 

Mahindra Hummer?

Mahindra, die Indiese motorreus, bou al jare lank vierwielaangedrewe voertuie vir hulle plaaslike mark. Mahindra wil nou glo vir Hummer by die Amerikaners koop.  General Motors wil al lankal ontslae raak van Hummer en hierdie is dalk net die geleentheid vir hulle om ook ‘n voet in die Amerikaanse mark te kry. Daar word bespiegel dat Mahindra alreeds besig is om sowat 300 handelaars regoor Amerika te bou. Wie weet, dalk sien ons een van die dae ‘n Mahindra Hummer?

uk onlineлобановский обыск

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.