Mampie-Rampie roep politiek vaarwel onder bedrog-skadu

Deel op

AgangSA-leier Mamphela Ramphele het besluit om die politiek vaarwel te roep, het sy Dinsdag aangekondig.

“Ek het besluit om partypolitiek te verlaat en terug te keer na die werk saam met my mede-burgers in die burgerlike samelewing om die droom van ons ‘n meer regverdige en voorspoedige samelewing na te streef,” het Ramphele gesê in ‘n verklaring.

“Ek sal dus partypolitiek verlaat, nadat ek my doel vervul het om ‘n politieke voertuig te skep vir diegene wat buite die politieke hoofstroom ‘n stem kan hê.”

Sy het gesê diegene wat AgangSA vorentoe sal neem moet voortgaan om die party te versterk en uit te bou.

Mampie-Rampie is verlede week uit AgangSA geskors volgens die party se adjunk-president, Andries Tlouamma. Hy het gesê Ramphele kan nie die party lei nie, want sy word by bedrog betrek.

Vroeg in Junie het die partyvoorsitter Mike Tshishonga ‘n saak van bedrog teen Ramphele geopen.

Ramphele het glo ‘n bankrekening vir direkte toegang tot deposito’s van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), sonder ‘n mandaat van die party geopen.

Ramphele ontken dat sy die rekening in haar eie naam geopen het.

“Ek gaan terug na die burgerlike samelewing om voort te gaan om die idealisme wat my my hele lewe gedryf het as ‘n aktiewe burger na te streef,” het sy gesê.

“Ek bly oortuig dat die meer intense werk met jong mense en vroue, wat die meerderheid bevolking is, die beste resultate vir ons geliefde land sal lewer.”

Die ANC is verheug oor die bedanking en het dit as ‘n dapper en bewonderenswaardige besluit beskryf.

‘n ANC-woordvoerder, Zizi Kodwa, sê Ramphele was nie ‘n werklike aktivis nie en die politieke terrein was moeilik vir haar.

Kodwa sê soos die meeste partye wat op grond van sy weerstand teen die ANC gevorm is, was die party tot mislukking gedoem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.