Brasilië ontvang sokkerles auf Deutsch

Die Duitse sokkerspan het gisteraand vir Brasilië, die gunstelinge, met 7-1 doele in die halfeindstryd van die wêreldsokkerbeker geklop. Dit is die grootste neerlaag wat Brasilië in 100 jaar in ‘n internasionale wedstryd gely het.

Omdat sokker, soos rugby, ook die afgelope aantal jare deur FIFA verpolitiseer is, het die Duitse vertoning insgelyks skokgolwe deur die wêreld gestuur, met vele liberale kommentators op Twitter en elders wat verslae is dat ‘n hoofsaaklik blanke Europese span die multikulturele span van Brasilië so ver kon wen.

Die gewilde Duitse koerant, Bild, het ‘n foto van twee triomfantelike Duitse spelers, Miroslav Klose en Toni Kroos, op sy voorblad geplaas met die eenvoudige opskrif: “Danke! Wir lieben euch!” (Dankie! Ons is lief vir julle!)

Opvallend is egter dat die Duitse span sy triomf amper probeer wegsteek het en agterna die Brasiliese spelers omhels en vertroos het, asof daar vooraf opdragte was dat hulle nie die gasheerland – waar daar reeds onluste rondom sokkerkwessies plaasgevind het – moes aanstoot gee nie.

Ook in Brittanje en die VSA, waar anti-Duitse gevoelens en afguns oor Duitse ekonomiese prestasie gewoonlik net onder die oppervlak is, was daar groot teleurstelling dat Brasilië dermate verloor het. Sokker word in die VSA gesien as ‘n sport wat meer deur liberale, immigrante en ondersteuners van die Demokratiese Party gevolg word, dus was die Duitse oorwinning ‘n bitter pil om te sluk.

Swart Suid-Afrikaanse vroue op Twitter het grappe begin maak onder die hutsetiket #goodbyebrazilianhair en dat hulle op soek is na pruike met “Duitse hare”. Die Suid-Afrikaanse minister van sport, Fikile Mbalula, wat blykbaar met ‘n groot gevolg na Brasilië afgereis het, het op #goodbyebrazilianhair met die woord “Shame” geantwoord.

Die swart sokkerkommentators van die SAUK het hul egter verlekker in die Brasiliaanse vernedering, aangesien Brasilië voorheen die Bafana met 5-0 verpletter het. “Nou weet hulle hoe dit voel,” het een van hulle gesê.

Die linkse Londense koerant, The Guardian, beskryf die wedstryd só:

“Tot op dié stadium was Brasilië se wedstryde ‘n viering van kleur en geraas. Maar (gisteraand) was daar die onheilspellende geluid van stilte, asook ander geluide. By tye was dit iets naby aan vrees, ‘n vreemde gorrelgeluid wat telkens gehoor kon word as Duitsland elegant vorentoe gebreek het, met meer vernedering wat dreig. Die gesig van Brasilië, met hul ryk voetbalgeskiedenis, wat op dié wyse vermorsel word, was werklik skokkend.”

SAPA-AP het die wedstryd só beskryf:

“Brasilië het in sy 100 jaar van sokkergeskiedenis nog nooit so ’n groot nederlaag gely in enige internasionale toernooi nie en het nog nie so chaoties verdedig soos in die eerste 18 minute van die eerste helfte nie toe Duitsland vier doele aangeteken het, drie van hulle in net 179 sekondes.”

En verder:

“Stilte het oor die skare in die Mineirao-stadion neergedaal en party mense wat nie kon glo wat hulle sien nie, het in trane uitgebars.

Honderde mense het hul duur sitplekke al voor die rustyd, toe die telling 5-0 was, verlaat.

’n Deel van die skare het onwelvoeglikhede teen die span en pres. Dilma Rousseff gedreunsing.”

Vele Brasiliese vroue het geween oor hul span se ineenstorting voor die Duitse aanslag. Selfs die troosdoel wat byna per ongeluk in die doodsnikke van die wedstryd deur Brasilië se Oscar aangeteken is, het min reaksie ontlok.

Miroslav Klose, links, en Toni Kroos ná die wedstryd
Miroslav Klose, links, en Toni Kroos ná die wedstryd

Miroslav Klose het met sy doel in die eerste helfte die rekordhouer vir die meeste doele in wêreldbekersokker geword. Maar wat aangaande die Duitse span beïndruk het, is nie soseer die briljansie van die individuele spelers nie, hoe professioneel en goed hulle hul ook al van hul taak gekwyt het, maar die dissipline en goeie spanwerk. Die moeitelose en akkurate aangeë waaruit soveel doele binne slegs enkele minute opgetower is, laat enige ander span na amateurs lyk.

Sowel Nederland as Argentinië, wat vanaand om 22:00 SA tyd in die ander halfeindronde uitspeel, sal hul sokkies moet optrek as hulle nie Sondag ‘n ewe vernietigende voetballes van Die Mannschaft wil ontvang nie.

Doele het gisteraand só verloop:

Vir Brasilië:

Oscar (#11) 90′

Vir Duitsland:
Thomas Müller (#13) 11′
Miroslav Klose (#11) 23′
Toni Kroos (#18) 24′, 26′
Sami Khedira (#6) 29′
André Schürrle (#9) 69′, 79’

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Trippie

    “Swart Suid-Afrikaanse vroue op Twitter het grappe begin maak onder die hutsetiket #goodbyebrazilianhair en dat hulle op soek is na pruike met “Duitse hare”. Die Suid-Afrikaanse minister van sport, Fikile Mbalula, wat blykbaar met ‘n groot gevolg na Brasilië afgereis het, het op #goodbyebrazilianhair met die woord “Shame”.”

    Whahaha-hehehe – julle sal NOOIT soos Blankes kan lyk nie, hou maar by julle kroesies.

    • JuliAss

      we want hair….. and tjikon, but you white gerls, we want your hair

      • Trippie

        … Tipies, julle wil alles hê !

        Nog iets, julle lippies gaan altyd 4X4 bar gepomp wees, en shame, julle sal nooit wit wees nie, nevva !

        • JuliAss

          hey wena, I repossession you!!! I drive beeg white beemar, you pay for me weef your tax monies. I says: “dankie miessies.” I dont go to 4×4 bar , to many boere, hella wil my net muhr. Isch

          • Trippie

            Hulle moes jou lankal bewusteloos geblixem het.

  • Gas

    Die grootste nuus is dat die wit Duitse ondersteuners onder polisie begeleiding uit die stadion moes gelei word want hulle het vir hulle lewens gevrees

  • Eric Bornman

    mag ek die universiteits “saluut” gee of gaan wessels my hof toe sleep?

    • Gas

      Die Duitser Marcel Kittel van Giant Shimano het die vierde skof van die Tour de France gewen, so jy kan 2 arms gelyk opsteek, solank jy nie die Quenelle doen nie

      • Hans Onrust

        vorig jaar Eric, ontstond er een te verwachten rel in Nederland omtrent het commentaar van Alpes d’ Huez winnaar Gert Jan Teunisse over de enige neger van Europcar in het peloton.

        De linkse kerk wil perse een zwarte Greipel, Kittel of Cavendish vinden en zijn zoals bekend in alle staten.

      • Eric Bornman

        he he he he he he, mag ek my koffie neersit as ek altwee arms gebruik?

    • FR2P

      Wessels? Is he one of the Red Sea pedestrians?

      • Eric Bornman

        sharp, very sharp, but I’d rather he be a dead sea floater

    • Riempies

      Eric jy kan maar salueer moet net nie probeer salueer as jy gewrigontstekening in jou elboog het nie.