Waarom u tot praag moet bydra

Deel op

Geagte leser,

Die afgelope paar dae se aanvalle op Steve Hofmeyr vanuit veral Beeld het my weer onder die indruk gebring van hoe min eg-Afrikaanse media daar oorbly.

Nie net het Beeld begin vanjaar die PUK verguis nie, maar nou vaar die koerant ook uit teen “Die Stem” van CJ Langenhoven. Dis glo “apartheid se amptelike lied” soos redakteur Adriaan Basson dit stel. In weerwil van Basson se Afrikaanse naam, huldig hy Engelse sienings oor Afrikaners en het hy die vertekende, chauvinistiese beeld van Afrikaners wat jare lank in Engelse koerante en op Engelse kampusse van ons gekonstrueer is, sy eie gemaak.

praag-embleemnuutNet vandag gesels my dogter met my oor die verskille tussen Afrikaanse en Engelse tieners. “Ons is heeltemal anders,” sê sy. “Afrikaanse tieners sal nog met dagga eksperimenteer, maar die Engelse tieners gebruik sommer enigiets: pille, sampioene, harde goed, heroïen. Hulle laat hulself tatoeëer en hul lywe vol gate maak. Ons het skoon gesigte, sonder gate of tatoeëermerke. Jy kan die verskil op ‘n myl raaksien.”

Nou wonder ek: Gaan ‘n toekomstige geslag Afrikaners net soos Engelse lyk en optree, dieselfde dinge sê en glo, van kindsbeen af?

Die greep van die ANC en Engelse liberale op Beeld en sy susterkoerante is so sterk dat Engelse rubrieke en kommentaar deesdae in vertaling in dié publikasies geplaas word. Op ‘n manier mag Afrikaners nie meer in Afrikaanse koerante skryf nie!

Gaan daar nog eg-Afrikaanse media oorbly? Of gaan dit maar net vertaalde Engelse of Britse menings en sienings wees wat aan ons opgedis gaan word, tesame met sensasie oor Oscar Pistorius?

‘n Week of wat gelede moes ons praag se stelsel bywerk en tydens ‘n paar nagmerrie-oomblikke wou dit nie werk nie. Ons het die angs beleef dat al 15 000 van ons artikels dalk korrup kon geraak het. Hoewel ons oor rugsteune beskik, is geen rugsteun ooit volmaak nie en daarom bestaan die moontlikheid van totale dataverlies altyd.

Totale dataverlies. Soms voel dit vir my asof dit is waarop ons almal afstuur, die dag as Afrikaans, Afrikaanse liedere, geskiedenis en plekname nie meer gaan bestaan nie.

Feit is dat omtrent 90% van Afrikaanse lesers vandag nie oor ‘n medium beskik waarmee hulle gemaklik voel en waar ‘n pro-Afrikaanse standpunt intelligent en konsekwent gestel word nie. En waar hulle oor die jongste wêreldgebeure en politieke strominge in Europa, die VSA en elders ingelig word.

As Afrikaans en Afrikaanse joernalistiek sou verdwyn, sou dit regtig totale dataverlies vir ons almal wees. Met slegs ‘n paar rand per maand kan u egter verseker dat dit nie gebeur nie en dat nuus en menings in Afrikaans – deur Afrikaners – altyd beskikbaar sal bly.

‘n Student uit die VSA wat dit self nie breed het nie, hou vol om vir ons $30 per maand by te dra. Hy lees nie eens Afrikaans nie, maar wíl ons eenvoudig ondersteun.

Wat van u, ons eie lesers en ondersteuners?

Help ons om praag tot ‘n magtige nuus- en kultuurmedium uit te bou.

Vul ‘n debietordervormpie in. As u nie daarvoor kans sien nie of ons op ‘n ander manier wil steun, laat gerus van u hoor met ‘n e-pos aan inlig[by]praag.org. Of kontak my op Facebook of Twitter.

Dan Roodt

Uitgewer en eindredakteur

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.