Bibberweer, sneeu is hier

Deel op

Bibberweer is hier en Suid-Afrikaners in die binneland word aangeraai om die warm komberse en watersakke uit te haal.

‘n Koue front het vanuit die suide oor die grootste deel van die binneland inbeweeg.

Berigte van sneeu is reeds uit verskeie dele van die land ontvang.

Sneeu het op die hoogste pieke van die Drakensberge uitgesak en Kokstad wat in die skadu van die hoogste bergreeks lê, het sneeuval gehad.

In die res van die land byt winterweer met temperature van minus tien in Sutherland en minus nege in Bethlehem, in die Oos-Vrystaat.

Die Weerdiens waarsku dat baie koue weer dele van die Noord- en Oos-Kaap soos De Aar, Sutherland en Calvinia sal raak.

Die temperatuur sal na verwagting eers teen Donderdag opwaarts neig, met dagtemperature wat effens sal verbeter. Dit sal egter koud bly.

Reën sal in die oostelike dele van die land voorkom en los buie word in KwaZulu-Natal teen sonsondergang verwag.

Kapenaars gaan egter weer teen Vrydag ‘n nuwe koue front moet trotseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.