Vrese dat kragonderbrekings in Soweto tot hernude geweld kan lei

Deel op

Verskeie gebiede in Soweto ondervind kragonderbrekings, het RSG berig.

‘n Woordvoerder van Eskom in Gauteng, Reneiloe Semenya, sê hulle ondervind verskeie probleme wat `n kragtekort meebring.

Die gebiede wat geraak word is Dobsonville, Zola, Molapo, Mapetla en Protea Noord.

Weens die omvang van die probleem, kan Eskom nie sê wanneer kragvoorsiening in die gebiede herstel sal wees nie.

Verlede week het ontevrede inwoners in Soweto tydens ‘n kragonderbreking geweldadig geraak en talle motors is beskadig.

Die polisie moes ingryp sodat Eskom se tegnici die probleem kon oplos.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.