VN erken gay huwelike

Deel op

​Die jongste verwikkeling by die Verenigde Nasies toon dat dié wêreldliggaam byna geheel en al deur Amerikaanse befondsing oorgeneem is.

Die VN het besluit om al sy gay werknemers se huwelike te erken. Dit sluit burgers van lande in waar gay huwelike onwettig is.

“Dit is ‘n stap vorentoe,” het Farhan Haq, die VN se adjunkwoordvoerder aan die Guardian gesê. “Baie van ons werknemers wag al lank hiervoor.”

Die nuwe beleid sluit alleen die VN se 43 000 werknemers wêreldwyd in.

Unicef, die VN-kinderfonds, en Unesco is nie deel van die beleidsaankondiging nie aangesien hul kantore nie net in New York gesetel is nie.

Unesco se hoofkantoor is in Parys, Frankryk waar gay huwelike uiters omstrede is.

Volgens die Pew-navorsingsentrum word gay huwelike slegs in 18 lande en dele van die VSA en Mexiko as wettig beskou.

In verreweg die meeste lande wat Afrika sowel as Asië en Rusland insluit, sien inwoners dit as besonder afkeurenswaardig.

Dit is nie seker waarom gay huwelike in Suid-Afrika wettig is nie, maar ontleders meen dat die swart bevolking nie ingelig genoeg is oor sekere agendas wat op hulle afgedwing word nie.

In Rusland word aannemings deur gay ouerpare verbied aangesien die Russe dit as ‘n onverkwiklike voorbeeld vir jong kinders beskou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.