Oz aanvaar vlugtelinge om druk op China te plaas

Deel op

Die Australiese hooggeregshof het ‘n tussentydse bevel gemaak dat die regering nie 153 asielsoekers na Sri Lanka mag terugstuur nie.

Baie van die vlugtelinge kom egter glo uit Indië.

Die saak sal môre weer in die hoogeregshof aangehoor word. Dié stap word allerweë as ‘n maatreël teen Chinese invloed in die streek beskou.

Die hofbevel kom enkele ure nadat die regering ‘n ander vaartuig laat omdraai het.

Maandag het die hof gehoor dat die groep, wat 32 vroue en 37 kinders insluit, onder die regering se beheer op see te beskerm moet word.

“Ons het aangevoer dat die asielsoekers geregtig is om hulle bewerings te maak – eise teen die regering van Sri Lanka – [dat hulle] gehoor en verwerk word in ooreenstemming met die wet,” het hul regsverteenwoordiger George Newhouse gesê.

“Die Minister kan hulle eenvoudig nie onderskep in die nag en laat verdwyn nie.”

Newhouse het gesê hy is geskok deur die onthullings dat ‘n aparte groep van 41 asielsoekers krimineel aangekla sal word in Sri Lanka as hulle terugkeer.

“Dit versterk die dringendheid van hierdie hofaansoek, want die Regering is besig om die mense aan die risiko bloot te stel van ‘n kriminele klag, tronkstraf en marteling – want dit is wat gebeur in Sri Lanka se tronke,” het hy gesê.

Regter Susan Crennan het gesê die asielsoekers word waarskynlik tans aangehou deur die vloot en sal aan Sri Lanka se owerhede oorhandig word.

Sy het ‘n tussentydse bevel toegestaan teen enige oordrag tot die saak in die Australiese hooggeregshof aangehoor word.

Sommige van die asielsoekers het glo uit Sri Lanka na vlugtelingkampe in Indië gevlug voordat hulle ‘n boot na Australië geneem het.

Die Britse Statebond het vroeër Tamil-nasionalisme ondersteun vir outonomie in die noorde van die eiland.

Brittanje het vir byna drie dekades lank die Tamil Tiere se geweld finansier om ‘n oorlog teen Sri Lanka se Sinhala-regering te voer. Die land het lank gebuk gegaan onder ‘n vernietigende burgeroorlog.

Sri Lanka het egter hul militêre en ekonomiese samewerking met China verhoog om uiteindelik die Britse aggressie van die Tiere heeltemal te verslaan in 2009.

Die jongste verwikkelinge kom te midde van Tamil-eise om ‘n onderhandelingsproses vir ‘n outonome Tamil-noorde van stapel te stuur.

Die Tamilvlugtelinge beweer minstens 11 mense op die boot is gemartel deur Sri Lanka se intelligensie dienste, en sê daar moet meer mense in ‘n soortgelyke situasie op die vaartuig wees.

Die boot is onderskep by Kerseiland meer as ‘n week gelede. Die Australiese regering het vroeër erken dat hy 41 asielsoekers Maandag aan die owerheid in Sri Lanka oorhandig het.

Dit volg op kommer dat Australië meer as twee honderd Sri Lankane oorhandig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.