Gewonde boer verjaag plaasaanvallers

Deel op

’n Boer van die Vrystaat het een van drie swart plaasaanvallers doodgeskiet. ‘n Moorddossier is teen die boer geopen.

André van Greunen is in die hospitaal opgeneem nadat hy op sy plaas naby Reitz aangeval en geskiet is, het die polisie in dié provinsie Maandag gesê.

“Drie gewapende mans het hom Saterdagmiddag op sy plaas aangeval. Hy is in sy maag en in die arm geskiet,” het sers. Mmako Mophiring gesê.

Die boer kon een van sy aanvallers doodskiet. Die ander twee het daarna te voet gevlug, het Mophiring gesê.

“’n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek,” het hy gesê.

Niks is uit die huis gesteel nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.