Olimpiese goue medaljes nie eintlik ware Jakob nie

ImageDie goue medaljes wat by die Beijing-spele uitgeloof word, is meesal van silwer gemaak.

Die organiseringskomitee van die Beijing-Olimpiese Spele het dit Maandag erken.

Elke medalje bevat slegs 6% suiwer goud, het die sekretaris-generaal van die spele, Wang Wei, gesê.

Die meeste metaal is silwer. Wang het gesê dat die bewerings van internetskrywers dat die medaljes lood bevat vals is.

Die rustowwe vir die medaljes is van Australië afkomstig en is deur 'n staatsgekeurde owerheid getoets om seker te maak dat hulle uit edelmetale bestaan.

купить свитер для мальчика 14 лет

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.