Pierre de Vos sê Afrikaners teer op Engelse belastings en mag nie meer in Afrikaans studeer

Deel op

Haha, Pierre, jy het jouself nou oortref. Baie geluk! Ja, dis eenvoudig: verbied eenvoudig die Afrikanerstudente om op enige plek te mag studeer! Hulle moet gestraf word vir die apartheid van hul ouers.

Ons teer op julle Engelse belastings! Dis hoog tyd dat ons kinders alle opvoeding ontsê word, want dis net nie prakties om dit aan ons te verskaf nie. En boonop is ons mos almal dom, “dumb Dutchmen”, nie waar nie. Ons doen nie so goed in wiskunde soos julle in julle goeie Ingelse skole nie, ahem…

En ons voorouers, die Hollanders, Duitsers en Franse, is net so dom. Geen bydrae tot die wetenskap, wiskunde en filosofie uit daardie oorde nie. Slegs Engeland, die lig van die wêreld! En haar koloniale dogterland hier aan die suidpunt, en hoe suider hoe beter, nie waar nie, soos byvoorbeeld Kaapstad.

Daarom sal die bloedjies van Houghton, Clifton en Constantia heerlik in hul moedertaal mag studeer… dis mos normaal.

Aan die ander kant, dis verskriklik dat Stellenbosch jou menseregte so geskend het deur nie jou ateïsme op die vorm te erken nie. En boonop was die vorm seker in Afrikaans. Dit verdien ‘n Nürnbergverhoor, as jy my vra.

Ek wil egter nou ‘n lansie breek vir die Christene… Die Anglikaanse Kerk het mos ook geld geskenk vir die Kerkstraat- en ander bomme in die Wimpy’s. En die Nederlandse kerke. Daar is darem ‘n paar goeie Christene ook, wat goeie terreur herken as hulle dit sien?

En wat van Boesak? En die ontslape Russel Botman wat Stellenbosch so graag wou verengels? Of kom net ateïste in die hemel? Jy weet, Karl Marx was darem ‘n Jood ook, nie net ‘n ateïs nie…

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.