‘Kabelfoute’ veroorsaak ontploffing by kragstasie aan Oos-Rand

Kragtoevoer is weer in Kempton Park, aan die Oos-Rand, herstel ná ’n ontploffing verlede week by ’n substasie, het die Ekurhuleni-munisipaliteit Maandag in ‘n verklaring gesê.

“Ons wil graag ons ingenieurs bedank wat sonder ophou gewerk het om te verseker die kragtoevoer word voor die aand herstel,” het Themba Gadebe, woordvoerder, gesê.

Die munisipaliteit beweer dat voorlopige ondersoeke toon dat die ontploffing waarskynlik weens “kabelfoute” gebeur het.

Die ontploffing het Vrydag omstreeks 02:00 by die Aston Manor-substasie plaasgevind. Die meeste woonbuurte in die gebied moes sonder elektrisiteit klaarkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Trippie

    Ek glo dit NIE ! Enigste fout was, daar is gepeuter om die kabels te steel en hulle is gesteur in die steelproses.

    Vorige kontrakwerkers is steeds in besit van die sleutels wat hulle vrye toegang gee tot die substasies, en geen haan kraai as daar “gewerk” word nie.

    • Ratel

      Hallo Tripie.
      Ja ek wonder wat ‘n “kabelfout” is. Miskien is dit ‘n kodewoord vir kabels wat aspris is, wat skynbaar op hulle eie daarin slaag om foute te veroorsaak.
      Of miskien is dit ‘n kodewoord vir BEE-installasies.

      • Trippie

        Hallo Ratel, die enigste “fout” was, hulle kon nie klaar maak waarmee hulle begin het nie.

        • Ratel

          Ek sien nou dat ek jou in die vorige skrywe “Tripie” noem. ‘n Tripie is mos Engels vir ‘n kleinerige afvalletjie. Skies man.
          Maar as dit daarvoor sal opmaak, ek is erg lief vir afval.

          • Trippie

            Nou het jy my lekker laat lag. Geen rede vir verskoning vra, ek noem jou sommer net weer onse Rateltjie !

  • Wil julle net gou sê die “kabelfoute” het met ‘n bakkie daar geparkeer en net daarna was daar die ontploffing. ‘n Dame wat reg oorkant die substasie woonagtig is se man het die “kabelfoute” daar sien inry.

  • Rooikop

    Kabelfoute gebeur net vir ‘n paar redes:
    1) Swak onderhoud/installasie wat veroorsaak dat vog die kabel indring
    2) Oorspanning – dit impliseer foute in ander toerusting
    3) Kabel beskadiging, doelbewus of andersins – wat die rakkers doen is om vuur te maak op die kabel.
    Dit beskadig die isolasie en laat dan die substasie klink waarna die kabel met veiligheid vir die RDP (“rapid destruction program”) heraangewend kan word.

    DIe feit dat hierdie die substasie beskadig beteken een van ‘n paar dinge:
    1) Ontwerpsfout – die foutvlak van die toerusting is nie voldoende wat geinstalleer is nie. Dit kan wees dat die stelsel later uitgebrei is sonder om voldoende hiervoor voorsiening te maak
    2) swak onderhoud

    Wat ek hier egter vermoed is wat die burgermeester van PTA so ‘n paar dae gelede by die lys gevoeg het – SABOTASIE.

    • Dankie Rooikop!! Op die kop reg. Glo my ek was daar Vrydag om te gaan kyk en daar was geen kabelfoutjie nie!!!

    • Götterdammerung

      Die sub-Stasie is reg agter my huis en ek was een van die gelukkige wenners wat nie krag gehad het die hele naweek. Ek het gereeld verby gery en die reperasies aanskou. Sabotasie? Moontlik maar my opinie eerder swak instandhouding (of in die geval geen instandhouding). Ook merkbaar dat al die ingenieurs wit sub-kontrakteurs was