Steve sing ‘Die Stem’ en sensors slyp hul messe

Deel op

Die sanger Steve Hofmeyr het oor die naweek ‘Die Stem’ van CJ Langenhoven voor ‘n skare by die Innibos-kunstefees te Nelspruit gesing. Die skare van 45 000 mense het uit volle bors saamgesing. Volgens die dagblad Beeld, kon die feesorganiseerders ‘hom nie keer nie’.

Foto van die feesgangers by Innnibos op Hofmeyr se Facebook
Foto van die feesgangers by Innnibos op Hofmeyr se Facebook

Omdat Suid-Afrika in 1994 deur ‘n groep kommuniste vanuit die voormalige Sowjetunie en Oos-Duitsland oorgeneem is, word die sing van patriotiese liedere, veral deur Afrikaners, as uiters polities inkorrek, en selfs “fascisties” gesien.

Dr. Dan Roodt van PRAAG het ‘n parallel tussen die sing van ‘Die Stem’ en die sogenaamde “sangrevolusie” in Estland in die laat tagtigerjare getrek. “Steve, jy het geskiedenis gemaak! Dis ons Estiese oomblik, patriotisme teen kommissarisse/sensors,” het hy aan Hofmeyr en Adriaan Basson, redakteur van Beeld, getwiet.

Basson het voorheen aan Hofmeyr op Twitter gevra:

Intussen het Beeld ‘n hele reeks linkse “Afrikaanses” opgebel ten einde ‘n front teen Hofmeyr te monster. Dr. Piet Croucamp, die selfaangestelde nuwe-Suid-Afrika-sensor wat veral universiteitsdosente laat afdank indien hulle nie polities korrek bly nie, het sy “teleurstelling” uitgespreek “dat die feesorganiseerders hulle nie hiervan gedistansieer het nie”.

Hy het insgeslyks die feesorganiseerders van “lafhartigheid” beskuldig dat hulle Hofmeyr hoegenaamd toegelaat het om te sing.

Croucamp het verder gesê: “Die lied is ‘n teruggryping deur Hofmeyr na die verlede en ‘n romantisering van apartheid. Die fees is daardeur misbruik vir politieke doeleindes. Dit heg ‘n stigma aan die fees.”

By implikasie het Croucamp verder gedreig dat nie net Hofmeyr nie, maar selfs Afrikaans verbied mag word indien Afrikaners hul nie gedra nie. “As Afrikaans in Suid-Afrika behou wil word, moet dit juis nie met apartheid geassosieer word nie.”

Die sanger en skrywer Koos Kombuis het sarkasties oor Steve Hofmeyr opgemerk:  “Dis dan dalk tyd dat iemand vir hom (Hofmeyr) die woorde van die volkslied leer. Dis nie so moeilik nie.”

Suid-Afrika se suksesvolle linkse revolusie en voortgesette beheer deur die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty hang af van die beheer oor inligting, media en kultuur. Tydens die Estiese “sangrevolusie” het die Russiese Kommunisteparty selfs tenks vanaf Rusland na Estland gestuur in ‘n poging om die bevolking te keer om verbode patriotiese liedere te sing.

Die oligargie wat Suid-Afrika beheer, is besig om ‘n ryk dwarsdeur Afrika te bou en wil daarom nie sien dat individuele volkere soos Afrikaners hul eie identiteit terugvind en die sentralisering van mag in die Party bedreig nie. Hul mag, asook selfverrykende kaderontplooiing, hang van die onderdrukking van Afrikaans af.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.