Eienaars van nagklub baie armer na ANC-Jeugliga-partytjie

Deel op

Eienaars van ‘n Durbanse nagklub is R80 000 armer na ‘n ANC-Jeugliga-partytjie wat twee dae aangehou het.

Dit was glo ‘n amptelike ANC-geleentheid georganiseer deur die Jeugliga.

The Witness berig dat die beplanners van die verkiesingspartytjie Emmanuel Bongumusa Gumede en Themba Dlomo, sowat R24 000 se whiskey en R10 000 se sjampanje uitgedrink het saam met hul vriende.

Die rekening nog nie vereffen nie, ten spyte daarvan dat Gumede twee maande gelede daarvoor geteken het.

Die African National Congress het hom gedistansieer van die twee.

Volgens die verslag, is die saak by die polisie aangemeld, maar die ondersoek het tot stilstand gekom.

Dlomo het aan The Witness gesê: “Ek het hierdie funksie gefasiliteer maar ek was nog nooit verantwoordelik vir die betaling daarvan nie.”

Gumede is gelys as die direkteur van vier maatskappye in verskeie fases van likwidasie, terwyl Dlomo glo met die ryk ANC-sakeman PG Mavundla verbind word.

Die ANC-Jeugliga se adjunk-provinsiale sekretaris Sboniso Duma kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.