Inisiasiedodetal styg ten spyte van miljoene rande se veldtog

Deel op

Ten spyte van miljoene rande wat bestee is om swart mans medies te laat besny, is drie-en-twintig inisiasie-kandidate sedert die begin van die winter-inisiasieseisoen dood.

Johns Hopkins Gesondheid en Onderwys in Suid-Afrika (JHHESA), met befondsing van USAID / PEPFAR, en in vennootskap met Sonke Gender Justice, Cell Life, CHAPS, ANOVA Gesondheid, onder die vaandel van Brothers for Life, saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad en die Nasionale Departement van Gesondheid het vroeër ‘n “omvattende, innoverende strategie” in Suid-Afrika aangekondig.

Daarvan het dadels gekom en die aantal steftes het toegeneem.

Die nuwe sterftes is weereens weens foutiewe besnydings. Die duur Amerikaanse veldtog teen ritualitiese Afrikagebruike het dus geen indruk gemaak nie.

Daar is reeds 104 seuns is in hospitale opgeneem weens hul beserings, het Obed Bapela, adjunkminister van tradisionele sake, Donderdag gesê.

“Dit is hartseer om die toename in die dodetal van inisiasie-kandidate aan te kondig,” het hy in ’n verklaring gesê. “Dit gebeur ondanks al ons pogings.”

Negentien van die oorledenes was van die Oos-Kaap, drie van Mpumalanga en een van die Wes-Kaap.

Bapela sê die 104 kandidate wat in hospitale opgeneem is, word behandel vir ontwatering en beserings wat verband hou met foutiewe besnydings.

Hy het sy medelye met hul families uitgespreek en gesê die regering veroordeel onwettige inisiasieskole.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.