Matfield se skrumpet gaan nie geweld teen blankes keer nie

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Saru, moet die aanval van Cosatu teen die Springbokke terdeë geniet.

Dit stel die Rugbyunie in ‘n goeie lig ten spyte daarvan dat hulle steeds agteroorbuig om swart spelers te probeer insluit in die span om hul irriterende “verbintenis tot transformasie” te verklaar.

Cosatu het ’n beroep op Fikile Mbalula, minister van sport, gedoen om in te gryp by Saru, wat volgens die vakverbond steeds ‘n wit “old boy’s club” is.

‘n Mens is geneig om te vra: Wat daarvan? En by te voeg: Gaan blaas asseblief nou doppies.

Cosatu is so desperaat vir aandag – wat deesdae deur die EFF opgeëis word – dat hulle selfs Victor Matfield, die Springbok-kaptein, se skrumpet raakgesien het.

“Die span word steeds oorverteenwoordig deur wit spelers, ongeag die talle puik swart spelers wat daar is,” sê Cosatu in ’n verklaring.

“Wanneer jy kyk na Saterdag se wedstryd is swart spelers wéér net in die laaste vyf minute speelkans gegee, toe die Springbokke reeds gemaklik voor was.

“Dit is omdat die afrigter bang is dat die swart spelers die wit spelers gaan oorskadu,” lui die verklaring.

Heyneke Meyer weet natuurlik dat die kwotaspelers nooit ‘n wedstryd sal wen nie. Hy het seker ook sokker gekyk en weer gesien hoe ‘n hele span vol swart spelers nooit êrens kom nie.

Matfield het deurgeloop oor die kamoefleer-skrumpet waarmee hy in die toetswedstryd teen Skotland in Port Elizabeth uitgedraf het.

Cosatu sê Matfield verontagsaam die uitwerking wat dit op swart mense kan hê.

Duidelk meen Cosatu dat swart mense nie van wet en orde hou nie. Hulle is dalk heeltemal reg, gegewe die hoë misdaadvlakke in die land.

Die Bulle speel vanjaar in die Superrugby-kompetisie met kamoefleertruie waarvan Matfield se pet een item is.

Cosatu kla dat dit die arrogansie van dié klub se wit spelers beklemtoon.

“Matfield wys dít openlik met die pet van die voormalige Suid-Afrikaanse onluste-eenheid”, oftewel die riot squad skull cap.

Dit klink so asof die bruinman van Cosatu weer geweld teen blankes wil pleeg en nou naarstiglik ‘n verskoning soek daarvoor.

Praag kan Cosatu gerusstel wat dit betref. Daar word steeds aanhoudend gruwelike geweld daagliks teen wittes gepleeg.

Matfield se skrumpet gaan nie daarvoor help nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.