Brug in Wêreldbekersokkerstad stort ineen

Deel op

‘n Oorbrug wat inmekaargetuimel het, het die dood van twee mense in Brasilië veroorsaak. Die oorbrug is nagenoeg vyf kilometer vanaf die stad se wêreldbekerstadion geleë.

Die brug het op ‘n bus se voorkant en ‘n motor ineengestort. Dit is onduidelik hoeveel insittendes daar was.

Twee is dood en 19 beseer in die ongeluk in een van die stede waar Wêreldbekerwedstryde gespeel word, te wete Belo Horizonte.

Dié land bied die Sokkerwêreldbeker aan waar versillende uitspeelwedstyde in verskillende stede gespeel word.

Die oorbrug moes teen einde Julie voltooi gewees het vir ‘n snelbusdiens. Die brug het ineengestort toe konstruksiewerkers besig was om die steierwerk te verwyder.

Daar is reeds vier sokkerwedstryde in die stad se Mineirao stadion gespeel.

Die halfeindstryd tussen die wenners van Brasilië/Colombia en Frankryk/Duitsland word aanstaande Dinsdag in dié stadion gespeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.