SANW-amptenare nie inhegtenis geneem

Deel op

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beslis en ‘n bevel dat drie top amptenare in hegtenis geneem word, vir eers ter syde gestel.

Die SANW het vroeër ‘n aansoek gebring om die inhegtenisnemings te verhoed, het RSG berig.

Dit volg nadat die hof gister beveel het dat die hoof van die weermag, luitenant-generaal Solly Shoke, die hoof van die lugmag, luitenant generaal Zakes Msimang en die sekretaris van verdediging, Sam Gulube in hegtenis geneem word.

Hulle word van minagting van die hof aangekla omdat hulle nie gehoor gegee het aan ‘n hofbevel om vier afgedankte soldate weer aan te stel nie.

Die saak sal weer op 22 Julie aangehoor word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.