Miljarde verkwis op landbou-‘ontwikkelingsprogram’

Deel op

Die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou het vandeesweek gehoor hoe miljarde rande verkwis is op swart boerderye as deel van die “Omvattende Landelike Ontwikkelingsprogram”.

Dié program, wat in 2009 van stapel gestuur is, het geheel en al misluk om landelike armoede te verlig of enige “ontwikkeling” te bring, volgens LP’s wat die vergadering bygewoon het. Swartmense wat die ontwikkelingsfondse ontvang het, het dit uitgegee en agterna weggetrek om as huisbediendes of tuiniers te gaan werk.

Die program was veronderstel om swart bestaansboere in staat te stel om eers kleinboere en dan kommersiële boere te word.

Nokuzola Mngxashe, ‘n parlementêre “inhoudsadviseur” vir die portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye, het gesê dat die grondhervormingsprogram gekortwiek word deur regeringsdepartemente wat “in afsondering van mekaar” werk, pleks daarvan om hul beperkte hulpbronne te gebruik om mekaar by te staan.

Swart boere wat “gementor” moes word, is nie deur die program gehelp nie. Volgens uitsprake by die vergadering van die portefeuljekomitee, “heers daar ook ‘n gebrek aan toesig oor grondhervormingsprojekte. Dit het daartoe gelei dat begunstigdes van dié projekte amper niks leer nie.”

Die gebrek aan kundigheid in die landboudepartement word as ‘n “wesentlike probleem” beskou. Daar is ook ‘n “kritiese tekort” aan gespesialiseerde vaardighede, soos veeartse en regstellende aksie by Onderstepoort verlig dit blykbaar nie.

Volgens Mgxahse, heers daar ‘n “volslae gebrek aan vertrekpuntdata oor kleinskaal- en bestaansboere, hul aantal, ligging, toegang tot grond, produktiewe potensiaal en navorsingsbehoeftes”.

“Dit is baie baie moeilik om ‘n program se implementeringsukses te beraam as daar geen vertrekpuntdata is nie,” het Mgxhashe gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.