Mosambiekse burger met menslike liggaamsdele gevang

Deel op

Speurders het ‘n lyk gevind waarvan liggaamsdele afgesny is, nadat hulle ‘n man vasgetrek het wat ‘n sak met dié dele daarin wou verkoop.

‘n Mosambiekse man is intussen daarvan aangekla dat hy in besit van menslike liggaamsdele is.

Die swart man het Woensdag in die Malamulele-landdroshof verskyn.

Die saak teen Samson Majoko (35) is tot 31 Julie uitgestel vir verdere ondersoek, het brig. Hangwani Mulaudzi van die polisie in Limpopo gesê.

Die polisie het Majoko in Junie in hegtenis geneem ná ‘n wenk ontvang is oor ‘n man wat liggaamsdele wou verkoop.

“Die polisie het hul na die toneel gehaas en die verdagte in hegtenis geneem. Hy het in ‘n voertuig gesit en ‘n plastieksak by hom gehad waarin menslike geslagsdele en twee hande was,” het Mulaudzi gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.