Facebook oortref Myspace

Deel op

Facebook oortref Myspace met die meeste lede as die snelgroeiendste sosiale netwerk werf.

Deel op
'n Studie deur comStore, het gevind dat Facebook nou 'n totaal van 132 miljoen gebruikers het en gegroei het teen 'n tempo van 153% oor die laaste jaar.

Daarteenoor het Myspace met slegs 3% gegroei en het 117 miljoen gebruikers.

Die suskses van Facebook is toe te skryf aan die werf se pogings om meer sosiaal en kutureel relevant te wees buite die Amerikaanse mark.

Die verslag toon dat die grootste gebruikerbasis nog steeds in Noord-Amerika is met 'n total van 49 miljoen gebruikers en die groei in die mark was maar 'n skamele 38% teenoor die globale groei van 4 keer meer.

Groei in Afrika en die Midde-Ooste is ook stewig en die 403% toename in lede bevestig dit. Die Suid-Afrikaanse netwerk beskik oor tussen 400 000 en 700 000 gebruikers.

Die Latyns-Amerikaanse groei was die hoogste en die gebruikersgetalle het met 1 055% toegeneem.

Die groei gaan egter teen 2009 sy hoogtepunt bereik en sal afplat teen 2012.

Asië beskik oor meer as 35% van die sosiale netwerk lidmaatskap, terwyl Afrika, Europa en die Midde-Ooste 28% beslaan en die Karribiese eilande en Latyns-Amerika saam 12%.

форма справки длятопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.