Oorgangsproses van Klein na Groot denke

Onlangs is die klein teenoor groot denke bespreek veral met die Afrikaner in gedagte. Maar omdat die Afrikanerstam ontwikkelend van aard is, is die tekortkominge om meer volwasse te word grootliks gebaseer rondom die gedagte van ontwerp.

Voorbeelde hiervan is dat mens jou eie kan taal ontwerp, jou eie kar kan ontwerp, jou eie huis kan ontwerp en wat dan daar uitvloei is jou eie oorlewingstradisies (en politiek) wat pasmaak ontwerp moet word. Wat hier duidelik behoort te wees, is dat ontwerp op persoonlike vlak moet uitstyg na organisasievlak waar prosesse in plek moet kom om hierdie ontwerpsaksies voortdurend te onderhou – want soos ons almal (teen hopelik die tyd) weet, is niks konstant nie en is evolusie voortdurend en aanhoudend.

Een voorbeeld van oorlewingstradisies is die ontwikkelling van Skandinawië onder Margrete I wat voor 1412 daarin geslaag het om Denemarke, Noorweë en Swede saam te gooi waarna haar seun Eric nie net dit bestuur het nie maar ook met die Engelse Koning Henry IV se dogter getrou om so ‘n verdedigingspakt te sluit en daarmee Engeland en Skandinawië se oorlewing te bevorder. Wat min mense ook weet vandag is dat die Vikings ‘n rewolusie in Engelse administrasie veroorsaak het, wat vandag nog oorleef.

Wat geskiedkundig duidelik word, is dat die ontwerp van administrasie die kern is van organisatoriese oorlewing. In moderne besigheid het die skrywer Jim Collins in sy boek How The Mighty Fall: And Why Some Companies Never Give In ‘n lys van standaard foute beskryf wat organisasies wat wil oorleef – nie moet maak nie.

Byvoorbeeld, as mens ‘n nuwe politieke party wil begin, dan is daar ongeveer 27 administratiewe foute wat jy nie moet maak nie (nadat jy al die mooi goedjies soos visie, missie, strategie, besigheidsmodel, beleide ens. vasgestel het).

Die oorgang van klein na groot denke neem tyd. Net soos wat dit Margrete I vir jare gesukkel het net om haar seun in ’n sterk posisie te plaas, net so het dit die firma Denel jare geneem om hierdie konsep te verstaan (wat hulle intussen oor 20 jaar verloor het). Die tegniek wat hulle destyds gebruik het, was die Stelsel Ingenieurs proses wat baie prosesse insluit soos bv. die Aanskaffingsproses. Omdat die Weermag goedere wou aankoop het Krygkor hierdie proses geïmplementeer. Dit gaan kortom oor:

  • fisiese behoeftebepaling (van die soldate),
  • omskakeling na funksionele parameters,
  • ontleding en en simulering van oplossingsmodelle,
  • ontwikkelling van oplossingsspesifikasies
  • bou en toets van toerusting en prosesse
  • industrialisering van bogenoemde toerusting en prosesse
  • operasionele implementering en verifiëring teen die oorspronklike behoefte

Alhoewel hierdie proses baie meganisties lyk, is daar heelwat kreatiwiteit by elke stap betrokke. Dit wys byvoorbeeld aan ’n besigheidsman dat hy nie self hierdie proses moet uitvoer om by beter besigheidsprosesse of selfs produkte uit te kom nie,maar dat hy mense moet kry wat dit reeds ken en selfs kan optimiseer.

Om van klein na groot denke te beweeg moet hierdie tipe proses gevolg word maar die ou wat dit nodig het, kan dit nie self uitvoer nie omdat hy dan van sy eie proses gaan vergeet. M.a.w. as ’n besigheidsman karre verkoop kan hyself nie kreatief wil word nie, want dan gaan hy minder karre verkoop in die proses. Dis hoekom Magrete I dit alles vir haar seun gedoen het en dis hoekom die Weermag vir Krygkor gevra het om dit te doen. Noudat die Weermag self produkte aankoop verdwyn die Krygkor kundigheid en word swak produkte soos die Augusta 109 verkry (nie aangeskaf nie).

Een kommersiële voorbeeld van klein-na-groot oorgangsproses optimisering word beskryf in die boek van Geoffrey A Moore, Crossing the Chasm waar hy mense wat produkte van nuuts af ontwikkel, help om die regte markte aan te spreek in ’n gefaseerde benadering i.p.v. om dadelik baie geld te wil maak. Hy verwys bv. na ’n gaping wat tussen tegnologiese entoesiaste en realiste bestaan wat maklik kan veroorsaak dat ’n goeie konsep bankrot gaan.

Net soos wat daar tegniese entoesiaste is, is daar ook politieke aktiviste wat lank voor die politieke realiste groeperinge reageer op sosiale of gemeenskapsprobleme. Hulle reaksie gaan gewoonlik gepaard met “oplossings” of produkte wat eintlik van klein na groot ontwikkel moet word – en dit is waar hierdie tipe ontwikkellingsproses gebruik moet word om die “aanvaarbare oplossing” te fasiliteer, sodat die politieke realiste groep dit “ook” kan aanvaar.

Dan het mens groot denke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Dankie vir u skrywe. Die onderwerp is veel dieper – dus verseker delfbaar.

    Die terme “klein” en “groot denke” klink vir my soos status quo, nutsman-intellektuele, status simbole… Mens kan skalks daaroor glimlag ook. 😉

    ‘n Mens se intelligensie bepaal nie noodwendig sy idees nie. (Grof gestel) (Gierigheid se ogies blink van gier, nie van slimheid nie) Helaas, die vermoeë om ‘n idee ‘n werklikheid te maak, word verseker deur gewilligheid, intelligensie, vernuf, bekwaamheid en arbeid (ens.) bepaal.

    ‘n Behoefte, ‘n drang, ‘n idee, ‘n doelwit, ‘n tekort, ‘n bedreiging (Hetsy siekte of gevaar of -), ‘n obsessie, ‘n sug na-, ‘n vraag (soos; “Kan mens…”) – ensovoorts, is die primêre inspireerder – om die status quo van wat “is”, te verander. Of dit nou sosiaal, materieel, of geestelik is. In kort.

    Ek lewe as ‘n “vrye denker”. “Is ek of hoort ek”, sal ek altyd vanuit die beginsel-konsep “behoort ek” of “hoef ek” i.p.v. “ek moet” of dit is maar so” die lewe benader. Vandat ek my verstand het, sien ek “dit” om my, as iets wat verander kan word. (En hoeveel HEL het ek nie al gekry van kinds af omdat ek nie “aanvaar dit so!” respekteer nie…!)

    Selfs woorde… Woorde is oneindig meer as ‘n Taal… Om woorde soos klippe om te draai – hulle rond te skuif… Met hul te speel… “Jou hand uit te steek na hulle… Hulle klere aan te trek, swierig met hulle te wals…” Aan hulle wat daaroor teef… Spot maar – jul blinde konformiste.

    Die nimmer-versadigbare drang om “nuwe” goed uit te dink – materieel sowel as geestelik.

    Party mense word so gebore, ander word so geforseer, ander word so geleer, ander wil graag so wees, ander wil glad nie so wees nie en ander, verfoei die, wat so is…

    Oorspronklike, teuellose, alleenlopende vindingrykheid. Dit, is vir my “Groot Denke.” “Persone” wat uit niet, iets nuut kan maak.

    • Johann Theron

      Ons projekspanne het normaalweg voldoen aan die Belbin verspreiding van 9 persoonlikhede. Die heel eerste persoonlikheid is die ligbulb, maw die ideegenerator. Jy sal dus in daardie (skaars) groep val. Maar dan is daar nog steeds 8 ander persoonlikhede nodig om die groot denke te vestig. Die idee generator vind natuurlik weer baat daarby omdat dit hom weer inspireer vir die volgende idee en so gaan dit aan. Baie lekker eintlik. Maar met die terugblik was ons eerste poging tot groot denke ‘n flop (lug tot lug missiel) maar die tweede ‘n sukses (teen tenk missiel). So leer mens maar.

      • Pragtig! Die lesse wat ek uit – wat ek “alreeds geweet het” leer, is vir my soos ‘n atleet wat gewoond moet raak aan sy spykerskoene. My “lompheid” (Ontwerp-foute) is slegs tydelik – wanneer ek iets nuuts ontwerp het.