Rusland bekragtig wet teen vloek

Deel op

’n Russiese wet wat vloekwoorde in rolprente, teaterstukke, die media en kunste verbied, is Dinsdag bekragtig.

Die wet is deel van veldtog deur die Kremlin om tradisionele waardes te herstel en vuil taal te bekamp.

Die wetgewing, wat in Mei deur pres. Wladimir Poetin onderteken is, beteken swaar boetes vir oortreders.

Daar is nie ‘n lys van verbode woorde nie, maar dit word algemeen aanvaar dat Amerikaanse kultuurprodukte waarin vuil sekstaal aangebied word, uitgesonder sal word.

Nikita Mikailof, ‘n filmregisseur sê: “Vloek is ‘n subtiele saak, een van die grootste ontdekkings van die Russiese volk. Vloek is geregverdig wanneer dit die uiterste toestand van ‘n mens uitbeeld soos in oorlog, dood of pyn.”

Mikhalkov het aan die RIA Novosti-nuusagentskap gesê dat dit nogtans “afstootlik en walglik” is wanneer lelike taal alledaagse kommunikasie besoedel.

‘n Groot deel van die Russiese samelewing ondersteun die verbod.

Die flambojante linkse joernalis Alexander Prokhanof het seks-verwante vloekery as “die taal van die hel” in ‘n radio-onderhoud beskryf.

“Vloek is die taal van die hel, dit kan ‘n mens se hart laat saamtrek. Ons leef in ‘n tyd waar die hel na hierdie wêreld gekom het.”

Kritici meen pogings om iets onwettig te verklaar wat reeds deel van Rusland se kultuur is, sal misluk. Van Rusland se mees geliefde digters, insluitende Mikhail Lermontof en Alexander Poesjkin, is bekend daarvoor dat vloekwoorde in hul werke gebruik is. 

Die publiek het begin om grappe oor die nuwe wet te maak. Een gewilde grap is waar ‘n woedende kolonel vir een van sy soldate net skree: “Ontslaan!” 

Die troepe kyk hom stomverbaas aan. “Wat is fout met hom?” vra een soldaat. “Dit is die verbod op onwelvoeglike taal,” sê sy kameraad.

Sedert hy in 2012 vir ’n derde termyn na die Kremlin teruggekeer het, het Poetin se gewildheid onder sy middeljarige kiesers verstewig en het bande met die Ortodokse kerk verstrek.

Die verbod op vloekwoorde is die jongste in ’n reeks maatreëls wat konserwatiewe waardes koester en Rusland se teenkanting teen Westerse verval bevestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.