Infrastruktuurwet gepromulgeer

Deel op

Die Wet op die Ontwikkeling van Infrastruktuur is deur President Jacob Zuma gepromulgeer.

Die doel van die wetgewing is om die instelling van die Regering se ontwikkelingsplan te versnel, het RSG berig.

Dit maak voorsiening vir die samestelling van die Presidensiële Infrastruktuur Koördineringskommissie en die magte en mandaat van die kommissie.

Dit gee Zuma ook die mag om lede van al drie vlakke van regering vir die kommissie te benoem.

Die minister van energie, Tina Joemat-Petterson het die insette van kenners versoek oor die ontwikkeling van ‘n meestersplan vir energie.

Die plan is voorgestel om die land se huidige energiekrisis aan te pak. Die kabinet het reeds vier jaar gelede so ‘n plan goedgekeur.

Hernubare energie en kernkrag is volgens die nasionale ontwikkelingsplan veronderstel om teen 2030 twee-derdes van die kragverbruik in Suid-Afrika uit te maak.

Joemat-Petterson sê daar is nie baie tyd om te redeneer oor hoe die einddoel bereik gaan word nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.