’n Lid van die gemeenskapspolisiëringsforum in Geduld, Springs, staar ‘n moordklag in die gesig nadat hy ’n swart aanvaller in die been geskiet het.
Kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder, het bevestig die GPF-lid gaan moontlik van poging tot moord aangekla word.
Hy het gesê die polisie ondersoek die voorval.
Dié man het Sondagaand op twee swart aanvallers losgebrand en een in die been gewond.
’n Klag van poging tot moord sal moontlik teen hom aanhangig gemaak word.
Die GPF is Sondagaand ontbied nadat aanvallers ‘n eiendom binnegedring het terwyl die inwoners tuis was.
Beeld berig dat die GPF-lede die swartes met hul buit gevang het, maar dat hulle weggehardloop het
Toe die aanvallers nie wou stop nie, het ’n GPF-lid na bewering op hulle geskiet.
Die twee misdadigers is tans in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn.