Ná ‘n klopjag Maandagaand by ‘n skrootwerf in Putfontein naby Benoni, is vier verdagtes deur die polisie in hegtenis geneem.
Die vier is ivm 18 mangatdeksels wat gevind is, vasgevat.
Gesteelde mangatdeksels veroorsaak dikwels dat onverwerkte riool wat in woongebiede opstoot, uitvloei.
“Al 18 mangatdeksels is geïdentifiseer as eiendom van die Ekurhuleni-munisipaliteit se departement van waterwese,” het die polisie se woordvoerder, Wilfred Kgasago, Dinsdag gesê.
Die mans sal binnekort in die landdroshof in Benoni verskyn op aanklagte van gesteelde eiendom.