Numsa-staking kan erger as platinum-staking wees

Deel op

Ekonome waarsku dat die beplande Numsa-staking die ekonomie ‘n groter knou kan toedien as die onlangse platinumstaking.

Die metaalwerkersvakbond sal Dinsdag begin staak, ten spyte van ‘n ontmoeting met die minister van Arbeid.

Meer as 10 000 vervaardigingsmaatskappye kan deur die staking in die metaal en ingenieursbedrywe geraak word.

Praag het intussen verneem dat werkers by staalbedrywe in Gauteng in vrees lewe te midde van openlike dreigemente en intimidasie indien hulle vir werk wil opdaag.

Sake-ondernemings in ander provinsies het ook hulle kommer gedeel oor die impak van die Numsa-staking.

Die uitvoerende hoof van die Nelson Mandela-baai Sakekamer, Kevin Hustler sê die staking gaan nie net spesifieke maatskappye raak nie, maar gaan ook werkskepping benadeel.

Die Johannesburgse Metropolisie het motoriste versoek om die middestad te vermy waar ‘n optog deur duisende Numsa-lede verwag word.

Vakbondlede drom reeds saam om memorandum met griewe aan die werkgewersorganisasies oorhandig is. Volgens ‘n woordvoerder van die Metropolisie, Edna Mamonyane sal ongeveer 12 000 lede aan die protesoptrede deelneem.

Twee Numsa-optogte word ook vir die Oos-Kaap beplan, waar die vakbond meer as 30 000 lede meesal in die motorbedryf het.

In Port Elizabeth sal stakers van die Nangoza Jebe-saal in New Brighton na die Vuyisile Mini-plein opruk, en in Oos-Londen van die North End-stadion na die departement van Arbeid.

Die minister van Arbeid, Mildred Oliphant het vroeër gesê sy is optimisties dat ‘n oplossing gevind kan word om die 220 000 Numsa-lede se staking vinnig tot ‘n einde te bring.

Oliphant het met die media gepraat ná ‘n marathon-vergadering tussen die metaalwerkersvakbond en werkgewers by die KVBA se hoofkantore in Johannesburg.

Die minister het na die vergadering gesê sy is hoopvol dat die partye binnekort ‘n konsensus sal bereik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.