362 jaar van voorbereiding vir ‘n oorname

Verstommend is die feit dat swartmense in SA, na die persepsie van die wêreld, vir 362 jaar sedert 1652 deur blankes onderdruk is, maar dat swartes in 1993 bevoeg geag is om oor die lotgevalle van ‘n Westers georiënteerde samelewing by die stembus te oordeel en tewens daarna die ekonomiese, politieke en staatkundige mag volledig oorgeneem het.

Stelselmatige oorname

In feite is die einste swartes vir 362 jaar voorberei om die mag oor te neem. Reeds hier in die 1700s is swartes in blanke huishoudings opgeneem … het hulle ons slaapkamers binnegedring … het hulle ons beddens opgemaak … het hulle ons kos gemaak … het hulle ons kinders op hulle ruê gedra- “pepa” … het hulle stelselmatig ons boerderye bedryf, ens.

Dr Christo LandmanSoos iemand op ‘n keer skertsend gesê het: “gee my sewe k’s dan doen ek die werk self”! Dit is presies wat oor honderde jare gebeur het. Witmense het hulle gewys hoe om dinge te doen maar swartmense moes dit doen … of het dit gedoen. Dit was nie net tot hande-arbeid beperk nie, maar het ook vakkundige beroepe behels. Vandag bv. kom ‘n tegnikus van ‘n bekende sekuriteitsmaatskappy die stelsel bywerk. Hy is swart. Die elektrisiën wat uitgestuur word na my huis is swart. Die bankklerk wat my by die bank bedien, is swart. Ek laat bloed trek vir analise-doeleindes en raai, dit is ‘n swart suster. En so kan ek aangaan.

En dan sit hulle letterlik in die parlement en lees hulle toesprake af, want wie geskryf het wat hulle sê, weet nugter alleen. Voor die “nuwe orde” is sake oor en weer deur opponerende groepe gedebatteer. Nou is dít wat gesê word gewoon wet.

Transformasie

Terwyl daar sogenaamd ‘n politieke kompromis bereik is, is daardie onderhandelinge lank reeds vergete. Dit verteenwoordig wesentlik ‘n oorname van die stelsel. Die stelsel was eens ‘n Westerse, gedifferensieerde samelewingsorde, met verdeling van magte (die trias politica), met ‘n vrye ekonomie en liberale asook gemeenskapswaardes. Die stelsel het ook voorsiening gemaak vir stamtradisies, -owerhede en –grondgebied.

Nou beteken transformasie afrikanisering. Ja ubuntu (medemenslikheid) beteken in die nuwe orde die aanvaarding van Afrika-waardes as normatief; ‘n konteks wat voorskriftelik en afdwingbaar is. Aanvaar jy dit, is jy een van die groter groep. Aanvaar jy dit nie, is dit rassistiese meerderwaardigheid.

Hiervolgens besit “the people” alles … die grond, die minerale rykdomme, water, ens. “The people” beteken kortom in die Bantoetale “die swartes”, want ‘n onderskeid word gemaak tussen abantu en abelungu (die wittes). Die staat wat niks anders as die diktatuur van die swartes is nie, besit alles vir abantu in trust.

Sowat twee jaar gelede hou die Artikel-185-kommissie ‘n tweejaarlikse beraad oor transformasie. Sowat sewe honderd abantu is teenwoordig. Daar was darem so tien abelungu. Die uiteindelike besluit van die beraad is dat transformasie beteken dat SA nie meer ‘n buitepos van die Westerse wêreld is nie, maar ‘n ware Afrikaland waar Afrikawaardes en -norme heers. Die wittes wat daar was het met hulle monde toe gesit!

Swakpunt in die mondering

Hulle het nou die mag en wat nou? Wel, die rekord sedert 1993 toon dat die nuwe magshebbers nie oor die vermoë beskik om uitkomsgebaseerde regering en dienste te lewer nie. Sien, hulle het vir 362 jaar die werk gedoen … maar nie geleer om te administreer nie. Die gevolg hiervan is eenvoudig dat, terwyl hulle graag teer op Westerse beskawingsdinge – soos duur Duitse motors, Italiaanse leerskoene, Franse donkerbrille, Skotse wisky, Chester Barry- Engelse pakke klere, ens. – die abantu nog steeds afhanklik is van Westerse beskawingsgoedere. Van dienslewering en diensteverskaffing is daar weinig sprake.

Hoe nou gemaak?

Die marxiste in Rusland het eens ‘n beroep gedoen op die werkers om hulleself te organiseer. In 1917 was daar die bekende oorname van die kommunisme! In Suid-Afrika is die wekroep aan Afrikaners: organiseer julleself … konsolideer julle getalle op beperkte georgrafiese gebiede (soos Orania en Kleinfontein) … mobiliseer julle vakkundige vermoëns en administratiewe vaardighede ten behoewe van julleself … dan sal julle oorleef.

Die kommunistiese Duitse Demokratiese Republiek van Oos-Duitsland het nie ideologies ineen gestort nie, maar weens hulle onvermoë om met die tegnologiese en administratiewe vaardighede van Wes-Duitsland (die Bondsrepubliek) mee te ding.

Intussen sal Afrika maar deur die evolusionêre proses van ‘n devolusie van mag, differensiasie van funksies en desentralisasie na gemeenskappe moet worstel. Hoe lank weet ‘n mens nie, want die wederkoms kan dalk plaasvind voor dit werklik gebeur. Is nog 2000 jaar lank genoeg?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Andy

    Ai Christo Landman ,jy praat so uit my hart. Jy het die raakpunte uitgelig, en ek hoop n menigte van lesers neem dit ter harte.
    Wat is die kanse, Is ons bereid om te beweeg in die rigting van konsolidasie en herorganisering, net in groter mate. Nou, nie oor 2000 jaar nie. Orde kry in ons samelewing en vir ons samelewig al gebeur die wederkoms intussen, maak nie saak nie. Daarvoor moet ons,onsself in elk geval gereed hou.
    Baie dankie Christo, hierdie rubriek is puik.

    • Sekondeer!

      • Andy

        Dankie Dolk. (:->)

  • Hans Onrust

    Er zijn in praktische zin zeker een aantal vergelijkingen te treffen met het nuwe SA en het voormalige DDR gedrocht.
    De wijze waarop de twee schrikbewinden aan de macht zijn gebracht, ten faveure van wat geestelijk beperkte zelfzuchtige helden en internationale partijen, is al sprekend.
    De D van democratisch is een lachertje t.o.v. de dagelijkse praktijk van onderdrukking van ‘anderen, anti-revolutionairen’ en. (in SA overduidelijk de Boere Afrikaner minderheid met zelfs ook politieke gevangenen die volgens de laveloze machthebbers ook MOETEN worden heropgevoed)

  • Mnr. Landman, in kort… Die skrywe is aangenaam kort – dog kreunend van inligting. U het ingewikkelde prosesse pragtig en insigvol ontleed en dit (ook chronologies ordelik) so verwoord dat daar geen vraagtekens gelaat is nie. ‘n Knap analise (insig en logika) oor Afrika versus Adam!

    En toe ek dit klaar gelees het, het ek amper onwillekeurig “Amen” geprewel… 😉

    NS Woord was met onsag gesê.

    • Andy

      More Dolk, weet jy dit is rubrieke soos hierdie, en die van Dr Dan en Leon wat mens graag sou wou druk en bewaar, om op n later geleentheid net weer te lees en in te neem wat met die eerste lees daarvan verby “glip”
      die ander manier is om dit natuurlik op jou rekenaar te kan stoor, maar ek is self nou nie seker presies hoe nie.
      Sal dit more bietjie uitvind Vermoed dit is iets soos “cut and paste”.
      Die ou kêrel leer nog so op n draffie. Hie hie..

  • jan

    Terwyl die regeringsfunksies besig is om as geheel te privatiseer skep dit selfbeskikking vir interperneurs. Van die 10 regeringsfunksies [ Milton Friedman] word omtrent alles reeds deur kontrakteurs en konsultante gedoen. Van Wet en Orde tot die Monitêre beheer is reeds of in die proses van privatiseer.
    Wittes word gedwing om werk self te doen – buitelandse poste en globale trekarbeid het uit die SA mynbou se swart trekarbeid ontwikkel en die voor en na-dele is dieselfde net die kleur is ligter. Die swartes werk van die huis af en die wittes kontrakteer elders. – of hoe?
    Ek wens ek kan daai statistiek sien…Ons volk was nog altyd geweldig nomadies en het nog altyd as geheel elke 5 jaar verhuis. {Feit !!}

    Maar die wit vroue is besig om ‘n tuiste vir die volk te skep soos Ester vd Bybel. Hoewel die bose gees van Isebel hard besig is om van edelmoedige Christelike vroulikheid, boosaardige feminsme te probeer maak.

    En dis presies die oorsaak van die reuse vloek van gesinsgeweld onder die Boere Afrikaners.

  • Willem De Jager

    Totdat ons sien dat die “hulle” ‘multi national’ mynmaatskappye en ander kapitaliste is wat die land beheer en die omgewing skep waarin chaos heers tot hulle voordeel, sal ons gevange bly. Zuma se redelike matigheid tot dusver spruit nie uit sy geneëndheid teenoor Afrikaners nie maar uit sy manipuleerbaarheid deur die geldmagte. As ons besef wat gebeur het sedert die 80’s sal ons baie sterker met die EFF identifiseer, want ons is in vele opsigte in dieselfde bootjie: Wat gebeur het is ‘n Amerikaanse styl “trickle down” demokrasie wat die elite se mag beskerm. Om dit te kon bewerkstellig moes die Afrikaner noodwendig geëlimineer word want onder apartheid het Afrikaners die ekonomie tot beheer. Een manier om ons te elimineer was deur ons te assimileer (DA) en die ander manier was om ons te demoniseer (behoudendes).