Koperdiefstal buite beheer

Deel op

Verliese van koperdiefstal is op met 71% van ‘n jaar gelede, met maatskappye wat skade van R15.4 miljoen in Mei aangemeld het.

Syfers saamgestel deur die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, wat data van lede – maar nie van munisipaliteite nie – insluit, wys 214 ton koper is verlede maand gesteel.

Dit kom neer op verliese vir die jaar van ten minste 824 ton ter waarde van R61 miljoen. Dit is byna 20% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar.

Verliese van koperdiefstal, insluitend verliese waar kragonderbrekings voorkom, is nog veel hoër as die data van nie-lede ook in berekening gebring word.

Uitvoere van koperskroot beloop byna R2 miljard in die eerste vier maande van die jaar, volgens statistiek van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Koperdraad is verantwoordelik vir slegs R51.5 miljoen, met allerlei ander items wat die grootste deel daarvan uitmaak.

Die meeste uitvoere is na China, Indië, Suid-Korea, die Midde-Ooste en Europa.

Omdat streng wette geld, moet handelaars gedetailleerde rekords van transaksies hou. Dit sluit in die registrasie van die identiteite van mense waarby materiaal aangekoop word en besonderhede van hoe die goedere verkry is.

Koperskroot haal tussen R53 en R62 per kilogram, afhangend van die graad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.