Taxis veroorsaak ontwrigting op R40

Deel op

Verkeer op die R40-roete tussen Witrivier en Mbombela in Mpumalanga word ontwrig deur taxis.

Taxis het die afrit na Mpumalanga se regeringskompleks versper, het RSG berig.

Die verkeer in die rigting van Mbombela het tot stilstand gekom en tot agt kilometer opgedam.

Die R40 is die besigste roete in Mpumalanga. Agt taxi-verenigings in die gebied kla oor voorkeurbehandeling by die toekenning van plek by taxi-staanplekke.

Die betogers sê hulle het al by die Mbombela-munisipaliteit en die kantoor van die Premier gekla, maar niks het daarvan gekom nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.