Mampie-Rampie as Agang-leier uitgeskop

Deel op

Dr. Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, is geskors uit haar party met die volle steun van alle lede teenwoordig.

Mike Tshishonga, partyvoorsitter, sal intussen as president waarneem, het Beeld berig.

Ramphele is Sondag in haar afwesigheid op ’n vergadering van die party in Alexandra, Johannesburg, uitgeskop.

Andries Tlouamma, adjunkpresident van Agang SA, sê Ramphele het die party in “oneer gebring” nadat sy by beweerde bedrog betrek is.

Duisende rande deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aan Agang SA is in ’n verkeerde rekening betaal waaroor Mampie-Rampie beheer gehad het.

Ondersteuners van Mampie-Rampie het met ’n hofinterdik gepoog om die vergadering te keer, maar die aansoek is van die hand gewys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.