Twee verkeersbeamptes is Donderdagaand by Heidelberg in Gauteng geskiet.
Die Gautengse polisie het Vrydag die publiek se hulp gevra om die aanvallers vas te trek.
Kaptein Thivhulawi Tshilate gesê die twee, 46 en 52, was besig om die R550 te patrolleer toe ‘n wit Volkswagen Golf hulle verbygesteek het op ‘n versperringslyn.
Die beamptes wou die oorteder stop, maar die bestuurder het weggejaag.
“Die verkeersbeamptes het hom agternagesit en … een van die insittendes van die verdagte se voertuig het deur die venster verskeie skote na die verkeersbeamptes begin skiet uit die voertuig met ‘n geweer,” het Tshilate gesê.
“Albei verkeersbeamptes … het ernstige beserings opgedoen en (is) na die hospitaal vir mediese behandeling geneem.”
Ses koeëls het die voertuig getref.
Dit is nie bekend wie hulle aanvallers is nie. Die polisie het die publiek gevra om die Heidelbergpolisie te kontak indien hulle enige inligting oor die voorval het.
‘n Saak van poging tot moord is geopen.