‘n Bejaarde man van Vishoek, Henri Lacour, 71, is Woensdagoggend op ‘n staproete in die Tafelberg Nasionale Park, met ’n mes doodgesteek.
Hy en ’n vriendin het die oggend gaan stap toe hulle beroof is van hul persoonlike besittings.
Lacour, ‘n wewenaar,was glo ‘n buitelewemens wat gereeld sulke staptogte geneem het.
’n Provinsiale polisiewoordvoerder, lt.kol. Andrè Traut, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
‘n Woordvoerder van die groep Table Mountain Watch, het gesê die voorval is die eerste waarin iemand vermoor is.
’n Vrou is verlede jaar op Vlaeberg verkrag.