Gautengse premier takel e-tol

Deel op

Die premier van Gauteng, David Makhura, sal die e-tolstelsel bespreek in sy eerste Provinsiale Rede in Thokoza, oos van Johannesburg.

Hy sal na verwagting die regering se vyfjaarplan bekendstel.

Makhura het ook gesê die omstedenheid van e-tol kan nie geïgnoreer word nie.

Die vyfjaarplan sal na verwagting infrastruktuurbelegging en die uitbreiding van breëbandtegnologie insluit om die ekonomie van Gauteng te ondersteun.

Makhura het vroeër gesê ekonomiese opheffingprojekte in swart woongebiede sal voorkeur geniet.

Die Gautengse administrasie sal die volgende 180 dae verskeie provinsiale onvoltooide projekte hersien.

Die premier van die Oos-Kaap, Phumulo Masualle, lewer ook vandag sy provinsiale rede in Bhisho.

Hy sal na verwagting aankondigings maak oor onderwys, gesondheid en ekonomiese kwessies.

Die DA in die provinsie het aangedui dat hulle swart opheffing steun.

Die UDM-leier in die wetgewer, Masiza Mhlathi sê sy party is bekommerd oor die stand van onderwys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.