American Renaissance besin oor Amerika in 2034

Deel op

Die konserwatiewe Amerikaanse webblad onder redaksie van mnr. Jared Taylor, American Renaissance, het onlangs ‘n reeks artikels deur bekende konserwatiewe denkers en aktiviste geplaas waarin hulle poog om te voorspel hoe die VSA oor 20 jaar daar gaan uitsien.

Die reeks van tien opstelle heet Race and America in 2034 en vertoon ‘n algemene pessimisme wat nie aan Afrikaners onbekend is nie. Die meeste skrywers voel dat die linkse establishment in die vorm van die akademici, die media en die Demokratiese Party volledig in beheer van die land verkeer, met min vooruitsig op verandering. Kulturele marxisme is vandag in die VSA net so ingeburger soos Marxisme-Leninisme in die voormalige Sowjetunie. ‘n Nimmereindigende, onverklaarde oorlog op blanke gesinne sal woed, met die belange van swartes, immigrante, Spaanssprekende kleurlinge, gays en feministe wat voorrang sal geniet. Demografies het die VSA reeds die kantelpunt bereik en word daar jaarliks ‘n meerderheid nie-blanke babas in die land gebore.

Sommige skrywers soos Paul Gottfried hoop dat, indien dinge nóg slegter gaan en daar meer geweld op en diskriminasie teen blankes kom, hulle “wakker sal skrik” en dalk in opstand sal kom. Ons ervaring in Suid-Afrika, met die mees antiblanke wetgewing en beleid ter wêreld, spreek egter van die teendeel. Dit wil voorkom asof blankes maklik gekondisioneer kan word om tweederangse burgerskap te aanvaar, met die meeste mense wat net aan hul eie belang dink en poog om die stelsel ter wille van hul eie oorlewing te pypkan.

Die jong aktivis Richard Spencer, met wie ek al namens praag ‘n uitgebreide potgooi-onderhoud gevoer het, meen dat blanke Amerikaners deur siklusse van “passiwiteit en ongemaklike tevredenheid”, asook woede, gaan soos die karakter Howard Beale in die 1976-film, Network. Ná elke siklus keer hulle egter tot passiwiteit terug.

Mnr. Jared Taylor plaas sy hoop op blanke enklawes wat in landelike en voorstedelike gebiede in die VSA tot stand sal kom, asook op die huidige oplewing in nasionalistiese politiek in Europa. Hy voorspel dat daar oor 20 jaar drie Europese lande mag wees wat deur nasionalistiese partye regeer mag word, met koalisies waarin sulke partye dien in vyf ander lande.

Ondanks die gebrek aan klinkklare oplossings in die reeks artikels, verteenwoordig Race and America in 2034 ‘n interessante oefening in toekomskunde waarin Afrikaners heelwat van ons eie situasie sal herken, met die verskil dat ons natuurlik veel later in die proses van vervreemding, geweld en marginalisering as die blanke Amerikaners verkeer.

Miskien is dit nodig dat ons ook ‘n slag besin oor waarheen Suid-Afrika en Afrikaners op pad is?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.