Oproerige stakers vandaliseer Sasolburg-munisipaliteit, kliniek

Deel op

Die polisie moes van rubberkoeëls skokgranate gebruikmaak om oproeriges in Sasolburg uiteen te jaag.

Stakende werkers van Sasolburg se Metsimaholo-munisipaliteit het amok gemaak, het die Vrystaatse polisie gesê.

“Die werkers het die munisipaliteitgebou Woensdag met klippe bestook,” het ‘n polisiewoordvoerder, ao. Sellwane Mapamela, gesê.

Betogers het die munisipaliteitgebou sowel as ‘n kliniek gevandaliseer.

Werkers van die munisipaliteit het dié week oor salarisse begin staak.

Intussen het minister van samewerkende regering, Pravin Gordhan gesê die onderneming dat alle munisipaliteite teen die einde van die jaar skoon oudits sal ontvang, is onrealisties.

Gordhan sê die interministeriële taakspan oor dienslewering sal eersdaags vergader om haalbare teikens te bespreek.

Hy het in Port Elizabeth gesê net bevoegde personeel in finansiële poste kan ‘n oplossing bied vir die huidige swak ouditresultate.

Operasie skoon oudit is verlede jaar deur die voormalige minister, Sicelo Shiceka geloods.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.