Opposisie-goewerneur aangekeer vir terreuraanvalle in Kenia

Deel op

Die goewerneur van die Lamu-gebied in Kenia is in verband met die drie onlangse terreuraanvalle aangekeer.

Meer as 60 mense is dood in die aanvalle.

Pres. Uhuru Kenyatta hou plaaslike politieke netwerke vir die menseslagting verantwoordelik.

‘n Terroristegroep Al-Sjabaab, het intussen ook aanspreeklikheid vir die Mpeketoni-aanvalle aanvaar.

“Goewerneur Issa Timamy is in aanhouding,” het die hoof van Kenia se spesiale ondersoekeenheid, Ndegwa Muhoro, gesê.

Timamy sal Donderdag in die hof sal verskyn.

“Daar is verskeie aanklagte teen hom wat verband hou met die onlangse aanvalle in Mpeketoni,” het Muhoro gesê sonder om meer inligting bekend te maak.

Dié bewerings het die politieke spanning tussen Kenyatta en opposisie partye verder laat opvlam.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.