Ramaphosa dink Ethiopië is ‘n baken van persvryheid

Deel op

Baie waarnemers sien in ons adjunk-president ‘n man met die potensiaal om die waardigheid en integriteit van die hoogste amp in die land te herstel.

Die miljardêr Cyril Ramaphosa het ‘n “presidensiële en staatsmanagtige teenwoordigheid” by die meeste van sy openbare optredes sedert die aanvaarding van sy posisie as Zuma se tweede-in-bevel.

Maar sy onlangse toespraak het ongelukkig meer herinner aan die voormalige vakbondleier wat die ANC-onderhandelinge tesame met Roelf Meyer in die aanloop tot die 1994-verkiesing gelei het.

Verlede Vrydag het hy as gasspreker opgetree by die jaarlikse Nat Nakasa-toekenning vir dapper joernalistiek, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum.

Ramaphosa het die media gevra om positiewe stories oor ‘n Afrika-kontinent wat groei en ontwikkel te vertel, ‘n vasteland wat “begin om sy regmatige plek in die wêreld te neem”.

Bemoedigende woorde. Maar vir Ramaphosa is ‘n massiewe behuisingsontwikkeling in Addis Abeba, Ethiopië, ‘n voorbeeld van die soort van sukses waaroor die media nie berig nie.

Regtig? Ethiopië beskou persvryheid as sinoniem met terrorisme.

Ethiopiese joernaliste leef in vrees want baie word summier tronk toe gestuur as hulle dit durf waag om die regering te kritiseer.

Om Ethiopië te noem as ‘n voorbeeld van Afrika-sukses by ‘n byeenkoms wat hulde bring aan moedige joernalistiek, is op sy beste ‘n klug.

Eskinder Nega, heet een van die joernaliste wat tans in die tronk sit. Daar is ook Salomo Kebede, Wubset Taye, Reyot Alemu, en Yusuf Getachew.

Daar is ander Afrika-lande waar dit effens beter met joernaliste gaan. Hoekom dan Ethiopië uitsonder, ‘n land met ‘n verskriklike menseregterekord?

Hulle regering verstaan steeds nie die basiese reg op vryheid van uitdrukking en assosiasie nie.

Maar miskien meen Ramaphosa dit pas by Nat Nakasa, die eerste swart joernalis van die eertydse giftige Boerehaatkoerant, die Rand Daily Mail.

Nadat Nakasa ‘n beurs ontvang het om by Harvard in die VSA te studeer, wou die destydse wit regering nie ‘n paspoort aan hom uitreik nie aangesien dit duidelik was dat hy onder die invloed van gewetenlose geweldaanstigters verkeer.

Hy het besluit om onwettig na die VSA te reis, maar daar tot sy skok ontdek dat wit Amerikaners nie veel van swartes hou nie. Hy wou glo graag terugkeer na ‘n vriendeliker Apartheid-Suid-Afrika.

Hy het daarna na bewering selfmoord gepleeg weens akute depressie deur uit ‘n hoë gebou in New York te spring.

Daar is egter diegene wat spekuleer dat hy gestamp is omdat hy van die ideologiese projek afgedwaal het.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.