Opblaashondeontlasting weggewaai

Deel op
Image'n Vreeslike windvlaag het dié week 'n reuse opblaasskulptuur van hondeontlasting uit 'n kunsmuseum in Bern, Switserland, gewaai.

Deel op
Dit is die skepping van die eietydse Amerikaanse kunstenaar Paul McCarthy getiteld "Complex Shit" en is deel van die Paul Klee Sentrum se tentoonstelling "East of Eden: A Garden Show".

Die massiewe kunswerk wat in die tuin uitgestal was, het konsternasie veroorsaak toe dit weggewaai het. Volgens die kunsmuseum se webwerf was dit deel van die "snaakse en wonderlike geanimeerde voortuin".

Alhoewel die skulptuur toegerus was met 'n afblaasmeganisme vir slegte weerstoestande, het dit nie aangeskakel nie sê museumdirekteur Juri Steiner.

Die vlieënde beeldhouwerk van hondeontlasting het kragdrade omgestamp en die venster van 'n weeshuis gebreek voordat dit 200m verder te lande gekom het.

слесарь ремонтник насосное оборудованиеФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.