Wie wil ‘n Afrikaan wees?

Deel op

ImageDit was nog altyd harde werk om ‘n Afrikaner te wees.

As jy nie besig is om ‘n bestaan uit die knelgreep van ‘n taai wêreld te skoffel nie, wil die Engelse daardie selfde land van jou wegvat. Net wanneer jy hulle ten duurste omseil het, moet jy miljoene ongeskoolde Inboorlinge se welstand op jouself neem en, al hef jy hulle op tot die hoogste standaard wat hulle soort nog ooit gesmaak het, kryt die onkundige buitelanders jou uit omdat hierdie Bantoes nie in ‘n ommesientjie ryk, slim en gelukkig is nie. As jy dan die land uit radeloosheid vir hierdie Inboorlinge gee, neul en kerm hulle een stryk deur, roof en plunder jou amptelik en nie-amptelik en hou nooit op om vir jou die skuld vir hulle gebreke te gee nie.
Deel op

Maar as jy dink dis moeilik om een van Die Uitverkore Volk te wees, die troos – vir wat dit werd is – is dat dit oneindig moeiliker is om ‘n blanke sosiale liberalis in die Nuwe Suid-Afrika te wees. Hierdie selfhatende witnerwe, om ‘n uitdrukking van Scott Burnett vry te vertaal, sien deesdae in afgryse hoe hulle hele ideaalstelsel voor hulle oë verkrummel. Dit is net hulle verstommende vermoë om wegkruipertjie met die werklikheid te speel en hulle hardnekkige geneigdheid tot selfbluffery wat hulle enigsins soggens in die ruïnes van hul Nuwe Suid-Afrikaanse utopie laat opstaan.

Na hulle die kranklike Nasionale Party in 1994 bygestaan het in dié se begeleide selfmoord, was die liberaliste so seker dat dit die begin van ‘n splinternuwe goue era in rasseverhoudings sou beteken. Ons almal – wit, swart en tussenin – sou soos duisende, soos miljoene, Von Trapp-kindertjies, aangetrek in hempies en broekies van gordynmateriaal, hand-aan-hand, die minlike Mandela heel vooraan, oor die groen heuwels, die wasige lig binne na die land van eindelose glimlagte huppel. Vir die liberaliste was alles so eenvoudig: Nadat die skeidings en beperkings van apartheid afgetakel is, sal ons almal uitvind dat ons eintlik – behalwe vir ‘n paar onbenullige kroeshaartjies en ‘n sonsensitiewe vel hier en daar – net dieselfde is. Noudat daar nie meer ‘n doringdraad tussen ons is nie, gaan ons almal uitvind ons hóú van mekaar en ons gaan so kuier, so opmaak vir verlore tyd, dat die lewe in die Nuwe Suid-Afrika net een, nimmereindigende karnaval sal wees.

Die karnaval, tot die liberalis se frustrasie, het toe nie sonder meer en betyds afgeskop nie. Na die wittebrood, omtrent die tyd wat Mandela uitgeskuif is om sy jare uit te leef as lewenslange bevrydingsikoon emiritus en stuitige kwinkslaer, het die swart Von Trappies hulle handjies warm gevryf en met onbeteuelde gulsigheid ingedons om – amptelik of nie-amptelik – hulleself te help aan die rykdom van die land. En, omdat hulle instinktief en met rede geïntimideer is deur die skrander, taai, vindingryke Afrikaner, het hulle hom probeer afkamp met ‘n swetterjoel rassistiese wette en ‘n uitgebreide veldtog van leuens oor die Afrikaner en sy geskiedenis. Selfs hierdie kampanje, het die liberalis geredeneer, sou maar net ‘n hikslaggie gewees het in die N.S.A., as die Afrikaner maar net op sy rug wou rol soos ‘n klein hondjie wat homself natpiepie uit dankbaarheid dat die A.N.K. sy magie kielie terwyl hulle sy werk vat, sy plase onteien, sy land verniel, sy vrouens laat verkrag en sy kinders laat vermoor. Om Vadersnaam, d.w.s. in die naam van die Heilige Madiba, kan die Afrikaner nie maar net verdwyn nie!

Toe hulle besef die kulture van Afrika en die Weste gaan nie soos twee lou strome water vanself saamvloei om een snoesige, eiesoortige kulturele identiteit te vorm nie, het die liberaliste besluit dis tyd om prakties te raak. As die ronde wit gat verseg dat die vierkantige swart pen daarin sal pas – en laat dit klink soos wat dit klink – dan is dit tyd om ‘n bliksemse groot hamer te vat en om dit daarin te foeter. ‘n Intensiewe mediaveldtog  was die werktuig van keuse vir die liberalis: Die mense moes net “meer leer van mekaar se kulture” en dan sal wit minder wit word en swart minder swart. Al wat sou oorbly sou ‘n glorieuse Nuwe-Suid-Afrika-grys wees, ‘n land met volmaakte rassesimmetrie, ‘n soort Blingola vol gebalanseerde gee en neem. (Die blanke gee en die swarte neem.) Die idee was om elemente van een kultuur oor te dra op die ander.

So is die Engels-Afrikaanse leksikon uitgebrei met sulke Afrika-juwele soos “yebo”, “amabokoboko”, “Bafana bafana”, “tata ma chance”, “ubuntu”, “shozoloza”, “Mzanzi”, en “Sho’t left”. Ons is vergas op Mozart se Towerfluit waarvan die stel ‘n mynkampong vol koorlede in rubberstewels is en Bizet se Carmen het sommer Xhosa in die mond gekry in ‘n vollengte fliek, Carmen u Khayalitsha, wat die liberale resensente die soort hyggeluide laat maak het wat vir die klankbaan van ‘n pornofliek gebruik kan word. Maar hulle beste pogings ten spyt – Mozart het nie vir Mandoza van die Sowetan se vermaakblaaie verdryf nie en die halsstarrige Afrikaner luister Laurika, Theuns, Kurt, Matthys en het van Steve Hofmeyr die grootste liedjiesmous in Suid-Afrika gemaak. Yster en klei. Olie en water. Die kulture van die Weste en van Afrika méng nie.

Selfs wetgewing om die Afrika-kultuur kunsmatig oor te plant, het nie gewerk nie. Al wat blanke kinders in gemengde skole van die Afrikaan se kultuur geleer het, is dat jy moet skerp kyk of jy word gelem. Dié skole het ghetto’s geword wat, behalwe vir die skooldrag, lyk soos die ergste buurtes in Harlem, New York. Die Afrikaner-jeug het heeltemal eiehandig verbete sosiale rassiste geword en die “k-woord” en sy ietwat ligter nefie, die “h-woord” herontdek.

Baie sosiale liberaliste het teen hierdie tyd bes gegee. Maar daar is nog ‘n paar hardnekkiges wat nie rus vir hulle siele sal kry nie. Hulle het die aanslag verskuif van die wetgewende en die kunsterreine na die metafisiese. Deesdae vestig hulle hulle hoop op die filosofies-volkekundige blink idee dat ons almal Afrikane is. Van bo in die Noorde tot diep in die Suide van Afrika is ons – velkleur, watse velkleur? – almal net dieselfde! As ons dít net in onsself kan ontdek, is die kind se naam Witwillem – oftewel Witsipho. Ons almal – wat dieselfde is – is anders as die mense van Europa, Amerika of Asië. Hier het ons almal dieselfde kultuur – wat toevallig die kultuur van Afrika is of hier ooit ‘n witmens op die vasteland was of nie. Al wat ons moet doen is om hierdie Afrikaan-wees in onsself te ontdek.

Ja… maar hoe? Kultuur is nie net ‘n opvoedingsproses van ‘n paar dekades nie, dit het ook ‘n eeuelange geskiedeniskomponent en ‘n genetiese bydrae van duisende jare. Die liberalis wil hê ons moet dít wegwens. Soos wat Nataniël die manlike bevolking ‘n dekade gelede in ‘n De Kat-advertensie aangemoedig het om in aanraking met hulle “vroulike kant” te kom (“koop net die blêrrie tydskrif!”), wil die liberaliste hê ons moet ons Afrikaan-wees ontdek. Die Bybel sê wel dat die luiperd nie van kolle en die Ethiopiër nie van vel kan verander nie, maar die liberalis, soos altyd, is doodseker hy weet van beter.

In ‘n opstel in Rapport, in ‘n verkorte weergawe van ‘n Woordfees-toespraak, beduie ene Rudi Buys, ‘n jong kanon van die sogenaamde “Afrika-Afrikaan-inisiatief”, ‘n ween-in-jou-hande, sosiaal-liberale organisasie uit pienk Stellenbosch, ewe kordaat hoe maklik dit is om van ‘n Wes-Europese kultuur oor te slaan en ‘n Afrikaan te wees. Sy preutse lessie bestaan uit meer politieke korrektheid as gestruktureerde denke, meer sosiaal aanvaarbare vlerkslepery as logika en uiteindelik verteenwoordig dit ‘n resitasie van snoesige liberale formules waarvan die logiese uiteindes nie deurdink is nie. Die liberale sosialis het nog altyd ‘n ongeërgde verhouding met die waarheid gehad. Feite word gesien as onbeskof en eerlike geskiedenisvertelling druis teen hulle vertroetelde ideologieë in. Daarom is dit ironies dat een van die benaderings waarop Buys aandring, ‘n nougesette onderwerping aan die waarheid is.

Hierdie aandrang verskyn ‘n paar paragrawe voor sy – eintlik irrelevante – vertelling van ‘n wit-en-swart vergadering waar planne bespreek is om die herdenking van 16 Junie te vier. Hy onderskryf die populistiese maar valse siening dat Soweto-dag herdenking werd is omdat bloeddorstige regeringsmagte ‘n hele groep spelerige jongmense voor die voet sou afgemaai het. Dié perpetuering van ‘n nasionale mite bring vir Buys wel persoonlik nader aan sy ideaal van kuluuroorlopery, maar hierdie soort onverantwoordelike Afro-sosialistiese propaganda gaan die kulture van Suid-Afrika net nog verder van mekaar verdryf. Soos wat Paul Gallico van jeug gesê het, sal die waarheid uiteindelik gedien word.

Die res van sy selfvoldane voorstelle sluit in dat ons vir mekaar stories van Afrika moet vertel, aktivisties moet optree (alhoewel die agterdog bestaan dat die aktivisme van, sê nou maar, die Boeremag, nie Buys se Afrikaan-weestoets sal slaag nie.) Ons moet onsself vereenselwig met die Nasionale Party se verraderlike oorgawe of, soos hy dit stel, “die geskiedenis van bevryding in ons land”. Ons moet godsdienstig wees want daar is “’n groot plek in die hart van Afrika” vir godsdiens. En ons moet nuuskierig wees oor die Soedan en Senegal. Maklik, nè!

Maklik op die oog af of nie, Buys se stelsel is verbluffend weens die onsinnigheid daarvan. As jy daarvan hou om op die ritme van tromme te beweeg, staaf hy, is jy ‘n Afrikaan. Vermoedelik maak dit van Japanners, Argentyne en Amerikaanse Inboorlinge ook Afrikane. Buys wil hê dat jy van Afrikakuns moet hou. Hou my dan buite rekening. Ek is dan een van daardie onsensitiewe Europeërs wat Rembrandt en Van Eyck bo stokfiguurtekeninge en naïewe blokke helder kleur verkies.

 Sy beklinkende vereiste bêre hy vir ‘n afsonderlike paragraaf waarin hy vertel hoe hy en van sy swart kollegas almal pap en vleis ingeskep het by ‘n restaurant en toe daaroor gelag het. Sien, sien!: Pap en vleis is die kos van Afrika en as jy van pap en vleis hou, is jy ‘n ware Afrikaan. Hierdie sillogisme raak gou buite sy beheer. Ek het al in verskeie koffiewinkels gesien hoe Zoeloe- en Basotho-mense vir hulleself koek en koffie bestel. Dit maak dan vermoedelik van hulle Europeërs want koek en koffie is kennelik Europese spyse.

Tog is dit nie bloot die swaksinnige vereistes wat Buys aan Afrikaan-wees stel wat opval nie, maar die vereistes wat hy verswyg omdat hy óf nie daaraan gedink het nie óf wat hy, in beste sosiaal-liberale styl, probeer wegwens.

Vir Rudi Buys om ‘n ware Afrikaan, ‘n ware inboorling van Afrika, te wees, sal hy moet begin deur van sy IK te ontlaai. Buys, neem ek aan, is ‘n gemiddelde blanke en volgens elke verantwoordelike wetenskaplike studie het die gemiddelde blanke in Suid-Afrika ‘n IK wat dertig punte hoër is as die gemiddelde swarte, die Afrikaan, s’n.

Hierdie Afrikaan het ook ‘n gans ander godsdiens, deurtrek met bygelowe en vrees vir nors, ontslape voorvaders. Vir die Afrikaner om te ver-Afrikaan, sal hy van sy Christelike geloof of, deesdae, helaas, sy sekularisme afstand moet doen. En as hy, getrou aan die aard van die Afrikaner, dit met groot ywer en entoesiasme wil doen, sal hy die wonderlike wêreld van toordokters en selfs moetiemoorde moet ondersoek. Rudi Buys eerste, sê ek.

Maar die Rudi met sy nuwe godsdiens sal, terwyl hy op sy bed ––  wat op bakstene staan om die tokkelos te fnuik – lê en hierdie dinge bepeins, ook moet besef dat hy sy verhouding met sekere lewenselemente sal moet aanpas om ware Afrikaan te word. Sy verhouding met diere, byvoorbeeld, sal oorgedoen moet word. Ware Afrikane het byvoorbeeld ‘n voorliefde om bulle te martel totdat hulle van wilde vrees bulk. Hierdie praktyk is onlangs met meewarigheid en groot drif verdedig deur ‘n vooraanstaande swart joernalis wat sy kop skud vir die wittes wat nie meedoen daaraan nie. Swart plaaswerkers in die Vrystaat en elders is berug daarvoor dat hulle gaande is oor babahondjies maar, sodra die arme dingetjie eers tande wissel, word die dier verwerp en verwaarloos.

En wat van urinering en ontlasting? Hierdie liggaamlike funksie is ‘n heel natuurlike een vir die Afrikaan en hy sien geen rede dat dit in privaatheid moet geskied of agterna bedek moet word nie. Een van die ontnugterende oomblikke van my lewe was toe ek ‘n gegoede swart vrou by ‘n besienswaardigheid in die Clarens-omgewing sien hurk het by ‘n hekkie waar sy ‘n groot stomende bol agtergelaat het. Haar swart geselskap het blykbaar niks vreemd in haar daad opgemerk nie maar ons wat, in meer as een sin, aan die verkeerde kant van die heining was, moes kies of ons ons asems sou ophou en versigtig daaroor trap en of ons maar oor die draad sou klim. Net verlede week sien ek ‘n swart skoolseuntjie wat met ‘n aura van groot verligting by die laerskool se hek staan en urineer. Die skool was besig om uit te kom en die ander leerders het eenvoudig net vir hom so ‘n bietjie ruimte gegun en om hom geloop sonder om enige noemenswaardige afkeur in sy gepiepiery te wys. Pis en skyt voort, Rudi Buys, as jy eenvoudig net ‘n Afrikaan móét wees.

En dit hou nie by die nat en die onwelriekende op nie, moet Rudi Buys weet. Die Afrikaan het ook ‘n geheel en ander instelling op geslagsgemeenskap. In die Afrikaner-kultuur, met sy taboe’s en sin vir privaatheid wat op Judeo-Christelike beginsels geskoei is, is veral die vrou se liggaam ‘n heiligheid wat gekoester moet word en waarmee gemeenskap net behoorlik binne die huwelik kan plaasvind. Ontrouheid is steeds ‘n afgryslike maatskaplike wandaad en omgang met minderjariges is een van die beperkinge wat selfs deur sosiaal-liberale dwalers soos Rudi Buys onderskryf word.

Die Afrikaan dink heeltemal anders oor seks. In baie Afrika-gemeenskappe neem ouer mans die verantwoordelikheid op hulle om jong meisietjies, sommige so jonk as twaalf, seksueel touwys te maak. Vir hierdie meisietjies is daar prestige in hierdie geslagtelike opleiding. In sekere dele van Lesotho is daar ‘n speletjie waarin tien- en elfjariges volwasse gedrag naboots. Dit sluit seks in. Partykeer dring ouer seuns dié gespelery binne. Ten minste een waarnemer, Vettorino Otto, skryf die hoë voorkoms van VIGS onder jong kinders in die omgewing aan dié vermaaklikheid toe. Maar Rudi Buys kan nie, mág inderdaad nie, fout vind met dié speletjie nie. Dit is kultuur. Afrika-kultuur. Net soos wat vroulike besnydenis nie onbekend is aan die kultuur van Afrika nie.

Dit is nie net vrouens wat in die kultuur van Afrika besny word nie. Miskien sal Rudi Buys in sy kulturele ywer daaraan dink om ‘n tipiese inisiasieskool, ryk in Afrika-tradisie en -kultuur, by te woon. En wanneer hy wydsbeen by die huis op sy bed-op-bakstene lê, kan hy dalk van die ander verskille tussen die Afrikaner- en die Afrika-kultuur oorweeg. Want die Afrikaner en die Bantoe kan mekaar nie vind in hulle opvattings oor sulke fundamentele sake soos geweld, oorheersing, regering, familie, verantwoordelikheid, regte en vooruitgang nie. Miskien sal hy eerlik genoeg wees om te erken dat die twee kulture langs mekaar kan leef maar nooit deurmekaar nie. En terwyl hy Westerse antibiotika inneem om die wreedheid van die geroeste lem se snit te verlig, sal hy miskien besef dat kultuur dieper as die vel lê.

occasion headbandsпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.