Sonkrag gaan glo swart skoolprestasie verbeter

Deel op

Die grootste sonkrag-ontwikkelaar ter wêreld, Skypower van Kanada hoop Suid-Afrika se swart onderwysprestasie sal verbeter en brande in lokasies sal binnekort iets van die verlede wees.

Skypower het 5000 sonkragligte aan swart skoolkinders in arm gemeenskappe geskenk.

Die sonligte sal glo kerse te vervang wat swart leerlinge laataand moet gebruik waneer hulle studeer en daardeur hul skoolwerk negatief beïnvloed.

Na raming is daar 600 miljoen mense in landelike dele van Afrika wat aangewese is op die gebruik van hoogs vlambare, duur en besoedelende paraffienlampe vir lig.

Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies het die skenking verwelkom.

Hy sê onderwys en opvoeding is ‘n fundamentele kwessie in Suid-Afrika wat lewens kan verbeter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.