Toiletoorlog in Kaapstad woed voort

Deel op

Die toiletoorlog in die Wes-Kaap duur voort.

Skade aan toilette in die Kosovo-lokasie in Phillipi in Kaapstad word op sowat ‘n halfmiljoen rand beraam.

Raadslid Ernest Sonnenberg sê 14 kleinhuisies is Saterdag deur vandale beskadig en nog 100 eergister.

Hy sê aansienlike bedrae geld word aan die herstelwerk van beskadigde toilette in lokasies bestee.

Sonnenberg sê dienslewering in die gebiede baat nie by die beskadiging van toilette nie.

Die voorsiening van toilette is glo deur ‘n lang proses van openbare deelname voorafgegaan, maar dit het die vandale blykbaar aangevuur.

Inwoners sê dat die skuldiges nie die hele gemeenskap verteenwoordig nie.

Sonnenberg sê hulle sal wag tot die “probleem” opgelos is, voordat nog toilette verskaf word.

Intussen het oproeriges by Macassar naby Somerset-wes in die Wes-Kaap Woensdag bedaar na gewelddadige protesoptrede wat Dinsdag uitgebreek het.

Inwoners wat beswaar maak teen die voorgestelde veskuiwing van uitgesette inwoners van Lwandle na die gebied, het verskeie paaie met brandende bande versper en klippe na polisievoertuie gegooi.

Vyftien mense is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.