Ses swartes skop witte in Spur dood

Deel op

Ses swartes het ’n wit man Sondagaand in ’n Spur-re­staurant in Alberton aangerand, geslaan en doodgeskop nadat hulle hom eers getart het.

Na hul walglike daad het die groep swartes doodluiters na hul tafels teruggekeer en aangehou gesels, drink en eet asof niks gebeur het nie.

Kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe Bradley du Preez, 20, in die Little Eagle Spur in Alberton skielik omdraai en ‘n bottel na vier mans en twee vroue wat by twee tafels sit, slinger.

Vroeër het die groep kos na Du Preez gegooi om hom te tart. Restaurantpersoneel het Du Preez daarna gevra om die restaurant te verlaat om die situasie te ontlont.

Dis toe hy sy bierbottel na die groep moeilikheidmakers gegooi het.

Daarna het die groep swartes uitgespring en begin om hom aanhoudend te skop en te slaan. Restaurantwerknemers het nader gestorm om te keer.

Julian Lopez, Ruddy Pholo, Lyll Mkandala, Cisely Molete, Gbadamosi Gbenga, en Ryan Pillay, het gister in die Palm Ridge-landdroshof in Alberton op aanklagte van moord verskyn.

Die bestuur het die restaurant se deure gesluit sodat die verdagtes nie kon ontsnap nie en die polisie ontbied nadat hulle besef het Du Preez het nie meer ‘n polsslag nie.

Die groep was erg aggressief en het selfs geweier om hul rekening te betaal.

Paramedici het Du Preez later op die toneel dood verklaar en die polisie het die verdagtes in hegtenis geneem.

Du Preez se familie is geskok en met afgryse gevul oor sy verskriklike dood. Hy was glo ‘n sagmoedige mens.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.