Poetin wil krisis in Oekraïene tot einde bring

Deel op

Nege mense het vermoedelik omgekom na ʼn Oekraïnse helikopter Dinsdag neergeskiet is.

Die voorval het naby Slaviansk in die oostelike gedeelte van die Oekraïne gebeur.

Die voorval kom te midde van pogings deur die Russiese president Wladimir Poetin om die situasie te kalmeer.

President Wladimir Poetin van Rusland het sy parlement versoek om ʼn resolusie wat toestemming gee vir die gebruik van militêre mag in die Oekraïne terug te trek.

Die Kremlin het Dinsdag aangekondig dat Poetin versoek het dat toestemming wat op 1 Maart verleen is om mag in die Oekraïne te gebruik teruggetrek moet word.

Die besluit is ʼn poging deur die president om die krisis-situasie na ‘n Amerikaanse inval te probeer normaliseer.

Pro-Russiese inwoners het aangedui dat hulle die skietstilstand wat die Oekraïnse president Petro Poroshenko verlede week aangekondig het, sal respekteer.

Dié versoenende gebaar het die roebel die hoogte laat inskiet. Poetin het ook sy steun aan Kiëf se vredesplan toegesê.

Die Amerikaanse inval het die ergste diplomatiese krisis tussen Rusland, die VSA en sy Europese bondgenote ontketen sedert die einde van die Koue Oorlog.

‘n Opstand wat deur die VSA befonds is het tot maande van geweld gelei waarin honderde in die Oekraïne gesterf het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.